Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

905 Ocean View

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 183

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir 905 Ocean View
Netheid
4.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5
Christiaan M - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christiaan M

Baie goed.

Baie lekker blyplek en baie veilig.

Lize B - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Lize B

Die ligging is pragtig, maar die 'suinigheid' hier het my erg afgesit.

Daar is slegs 50 eenhede krag gelaai vir 'n familie vir 6 dae. Regtig? Hierdie is vir my pateties. Laai eerder genoeg krag en werk dit by die prys in. Op redelike gebruik. 50 is baie sleg! Die huisreëls sluit geen inligting in op die skoonmaak van die fasiliteite nie. In die eenheid word dit in 'n boek voorgestel dat dit vooraf gereël en betaal moet word. Hoe kry mens dit reg as jy eers inligting op aankoms kry? Daar was geen skoonmaakdiens nie. Die asblik is nooit skoon gemaak nie. By aankoms was daar halwe rolletjies toiletpapier en dit is nooit aangevul nie. Uiters swak.

905 Ocean View se terugvoer

Beste Lize
Baie dankie vir jou terugvoering rakende jou verblyf by 905 Ocean View. Ons waardeer jou terugvoering opreg. Die tevredenheid van ons Gaste is vir ons van kardinale belang.
Graag gee ek hiermee terugvoering.
Die besprekingsdokumente wat jy voor aankoms ingevul en onderteken het, spesifiseer duidelik dat eenhede word op ‘n selfsorg vakansie akkommodasie basis uitverhuur en die skoonmaakfooi wat gehef word met bespreking, is die eenmalige vertrek skoonmaakfooi. In klousule 7 van die Vrywaringsvorm, sowel as klousule 28 van die Terme en Voorwaardes wat jy onderteken het, verduidelik dat dit ‘n eenmalige vertrek skoonmaakfooi is. Jy was welkom om ons enige tyd tydens julle verblyf te skakel om te reël vir tussentydse skoonmaak.
Onder die Huisreëls wat op besprekings platvorm verskyn, word melding gemaak dat die woonstel gebruikmaak van koopkrag en dat Gaste verantwoordelik is vir die elektrisiteitsverbruik tydens verblyf. Ons laai R300 (87.4 eenhede) se elektrisiteits-eenhede as welwillendheidsgebaar voor elke bespreking, waarna Gaste self die eenhede aanvul. Ons het die onderstaande op die meterboks gelaai op 12 Augustus en die “geyser” en ‘n lig in die woonstel is aangeskakel op 13 Augustus, aangesien julle later vroegaand sou arriveer.
In klousule 36 van die Terme en Voorwaardes wat jy onderteken het, word uiteengesit dat die verskaffing van toiletrolle en swart sak vir die vullisdrom, verskaf word met aankoms. Hiermee uittreksel van dokument wat jy onderteken het :
“The apartment is being rented on a self-catering basis. The complimentary supply of tea, coffee, sugar, cremora, shampoo, hand soap, body lotion, dishwashing liquid, sanitizer, black refuse bag and toilet paper, are a welcoming gesture from the company and is supplied upon arrival only.”
Met die inspeksie van die woonstel voor julle aankoms, was daar ‘n nuwe toiletrol geplaas in elke badkamer plus gastetoilet en ‘n skoon swart sak in die vullisdrom. Die woonstel was ook op standaard skoongemaak deur die skoonmaakkontrakteur.
Vriendelike groete, Hanlie

905 Ocean View
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 36, Ocean View, Strand, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd0c104b3c23cd6f5fcb70fc2a3b1f93bc1ba308dd4638fe6b941b3cc51f9303fab708a8e62afa10ff192a423ded22b5d68a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 2 5 1 4 36 Beach Road Ocean View 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -34.123908996313 18.831628804894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang