AC601-Waterfront G6
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tsavorite 62, Swakopmund, 0000, Erongo
- Vanaf R2 448 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
AC601-Waterfront G6 is 'n lieflike selfsorg-duplekseenheid ongeveer 50 m vanaf die see in Swakopmund. Dit is ook naby die Plaz Am Meer-winkelsentrums met verkseie koffiewinkels en restaurante.
Die eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamers en badkamers is op die boonste verdieping.
Die oopplan-kombuis is op die onderste verdieping en is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n sitkamerstel met 'n platskerm-TV, asook 'n gastetoilet. Daar is 'n etenstafel met stoele en die skuifdeure lei na die toegeboude stoep. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Christine Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 81
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tsavorite 62, Swakopmund, 0000, Erongo
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tsavorite 62, Swakopmund, 0000, Erongo