Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Addo River View Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wellingtonstraat 88, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Addo River View Lodge is 'n lieflike dubbelverdieping-selfsorghuis aan die oewer van die pragtige Sondagsrivier in die dorpie Colchester. Die huis is net 3 km van die suidelike Matyholweni-ingang na Addo-Olifantpark en 40 km se ry van Gqeberha (Port Elizabeth) se lughawe af. Addo River View Lodge bied maklike toegang tot die meerderheid doendinge en besienswaardighede in en rondom Addo en is die ideale poort na die Tuinroete en Sonskynkus.

Die lodge het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste en tweede slaapkamer beskik elk oor 'n koninggrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n dubbelstapelbed.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, en 'n stoof en 'n oond in. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste en die sitarea het lugversorging en 'n platskerm-TV. Die leefarea het skuifdeure wat na 'n dek met 'n uitsig oor die Sondagsrivier lei. 'n Weber-braai word voorsien.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad op die perseel wat gaste met Sundune Guest House se gaste deel. Die huis is net 100 m van die Sondagsrivier se oewer af en gaste kan lekker visvang of bootvaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.3
Veiligheid
3.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Byron Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Wellingtonstraat 88, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Gaste dink Addo River View Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wellingtonstraat 88, Colchester, 6175, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmSJzpZAGpv6ZN7vZ5LwPLc4g9SvmEZONA3jUlZ8ft2o2hJM1GJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2) 6 5 1 4 88 Wellington Street Colchester 6175 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.692318872129 25.82522302866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang