Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AfriCamps at White Elephant Safaris

Tentekamp
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuwspoor-plaas, Pongola Wildreservaat, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

AfriCamps at White Elephant Safaris bied 'n unieke boetiekglanskamp-ervaring aan die voet van die majestueuse Lebomboberge in die Pongola Wildreservaat. Dit is ideaal vir 'n onvergeetlike wegbreek saam met familie en vriende.

Hierdie kamp bied verblyf in 12 lieflike tente en elke tent het slaapplek vir 5 gaste. Elke tent beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die tent lei na 'n onderdakstoep met sitplek, braaigeriewe en 'n houtvuurwarmbad.

Die kamp is ook die tuiste van White Elephant Safaris en die Jozini-meer, en bied 'n pragtige, gemeenskaplike swembad waar gaste kan afkoel. Gaste kan ook die voël- en wildkykskuiling besoek vanwaar hulle wild en voëls kan besigtig, of 'n wildrit, bootvaart en boswandeling geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Melanie E
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was 'n fantastiese ervaring en elke detail is uit die boonste rakke! Ons het baie lekker gebly!
Mei 2024
Michiel D
Saam met lewensmaat
5.0
Unieke verblyf. In die omgewing is dit seker die mees unieke vorm van verblyf.
Mrt 2024
Elizabeth H
Gesin met klein kinders
5.0
Uitsig is wonderlik, verblyf 10/10. Ons het baie lekker gekuier. Die enigste twee goed wat 'n probleem was, was die toiletpapier (nie van goeie gehalt...
Sien meer
Mrt 2024
Sally P
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely spot to wind down and enjoy nature. We had a great stay. The staff are so friendly and helpful. The property is beautiful! Overa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Suzeth K
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige familie tyd. Ons het oornag by AfriCamps at White Elephant Safaris op pad Sodwana toe. Dit was 'n ongelooflike lekker ervaring. Jy kyk uit op ...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Andrea Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 201

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Leeuwspoor-plaas, Pongola Wildreservaat, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink AfriCamps at White Elephant Safaris het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuwspoor-plaas, Pongola Wildreservaat, Pongola, 3170, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8a59689babcffa95fbaeffdce746401ced5da9a6246681db99c8f0c7aaded199ae762c760ea1a754bfce3013fa29076ed01d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 590 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Farm Leeuwspoor Pongola Game Reserve 3170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -27.3964818 31.8366143

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang