African Eden
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Egretstraat 11, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
African Eden bied gerieflike selfsorgverblyf in die gewilde dorp Sedgefield op die Tuinroete. Die tuinwoonstel is op die boonste verdieping geleë, net 'n klein entjie se ry van die N2 af en net 'n paar minute vanaf die strande en strandmere in die area.
Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met slaapplek vir 2 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Daar is 'n groot onderdakstoep en 'n buitebraai.
Veilige onderdakparkeerplek is op die omheinde perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Egretstraat 11, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Egretstraat 11, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap