Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Albert Road Garden Guesthouse

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albert-weg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
  • Vanaf R730 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Albert Road Garden Guesthouse is in Walmer, 'n rustige buurt net 'n paar minute se ry van Chief Dawid Stuurman Internasionale Lughawe, verskeie puik restaurante, koffiewinkels, winkelsentrums en ander geriewe af. Die eenheid is ook net 4 km vanaf die pragtige seefront.

Hierdie huislike gastehuis word bestuur deur Harry en Tracy. Albert Road Garden Guesthouse bied dus uitstekende diens, en gemaklike en bekostigbare verblyf in goed toegeruste en smaakvol versierde en suite-kamers wat in 'n rustige tuin geleë is. Daar is ook 'n aparte swembad en braai-area op die perseel. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.

Al die gastekamers het privaat ingange, en suite-badkamers en dakwaaiers. Die beddens word met wit gehaltelinne opgemaak en badhanddoeke word voorsien. Elkeen van die kamers het 'n yskassie, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, tee en koffie, gratis WiFi en 'n TV met 'n kommersiële DStv-pakket.

'n Opsionele ontbyt bestaande uit vrugteslaai, graankos, jogurt, vrugtesap, koffie en tee is beskikbaar en word in die gaste-eetkamer bedien indien dit versoek word. Wegneem-ontbytpakkies is ook beskikbaar vir gaste wat vroeg wil vertrek, maar moet ook vooraf versoek word.

Daar is aangewese, veilige parkeerplek voor die gastekamers, sommige met plek vir voertuie en sleepwaens.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Albert-weg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
  • Gaste dink Albert Road Garden Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 730
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R 730
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Albert-weg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6065, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4X9Rad7oPe86UQxxXLOKfQXoIiO39lwhS84RRBQqRmTHCKHcQW?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R730 per nag (plek vir 1) 10 5 1 5 40 Albert Road Walmer 6065 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.978209748451 25.607898967459

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang