Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alm-Ü

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Sep 2024 tot 30 Jun 2026.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R3 400 R3 060 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Alm-Ü is in die hartjie van Dullstroom, Mpumlanga geleë, stapafstand vanaf verskeie goeie restaurante, winkels en galerye, en is ideaal vir gesinne wat smag na 'n blaaskans, of paartjies wat bietjie kwaliteit-tyd saam wil deurbring.

Daar is onlangs 'n sonkragstelsel geïnstaleer om die impak van beurtkrag sover moontlik te beperk. Water word ook ononderbroke deur 'n watertenk voorsien.

Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 2 kaggels waarvan 1 op die tweede verdieping in die hoofslaapkamer is. Die boonste en-suite badkamer bevat 'n ruim stort, asook 'n groot gemaklike bad. Daar is 'n klein sitkamer in die hoofslaapkamer waar 'n mens heerlik langs die kaggel kan ontspan. Die balkon met sy uitsig oor die Suikerbosch-koppie is perfek om die dag met 'n oggendkoffie te begroet, of om dit met 'n skemerkelkie af te sluit.

Die tweede kamer kan 3 mense akkommodeer op die stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die derde kamer het 'n dubbelbed.

Alle kamers het gehaltelinne, donsveerduvets, elektriese komberse, bad- en gesighanddoeke, hangers en haardroërs.

Daar is ook 'n koffiemasjien wat met genoeg bone vir die eerste aand voorsien word. Daar is 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en lugbraaier.

Verder het gaste toegang tot 'n kuierarea met 'n ingeboude braai en seile wat na gelang van die weer, oop en toe kan trek.

DStv en gratis WiFi is beskikbaar.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 126 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Ingrid E
Gesin met tieners
5.0
Rustig, veilig en snoesig. Heerlik gebly. Pragtige plek, netjies en sentraal geleë.
Jan 2025
Elane V
5.0
Snoesige woning met alles wat jy nodig het om te ontspan. Ongelooflik lekker gebly. Woning was pragtig gewees.
Des 2024
Jaco M
Gesin met tieners
5.0
Vreeslik lekker rustig. Geen geraas. Wat 'n fantastiese plek. Ek sal beslis die plek aanbeveel. Van nou af soek ek geen ander ek in Dullstroom nie.
Nov 2024
Paul D
5.0
Onverbeterlik. Huis is meer as volledig toegerus, met wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, lugbraaier en koffiemasjien. Die stoep in die winter...
Sien meer
Aug 2024
Lukas J
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Sentraal geleë. Alles was in baie goeie toestand. Verblyf was baie aangenaam.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 126

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Alm-Ü het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 400
R 3 400 R 3 060
per nag, vir 7 mense
Vanaf R3 400
R 3 400 R 3 060
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staanplek 297, Hoek van Lethabo-laan en Ngwenya-laan, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ce69210008d134990a7d6eb11330269892aa967739c3e0960cae2e5885cbea11cbeaae575169bdc0a2f7e5dd924ab44e5f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 400 nouVanaf R3 060 per nag, vir 7 mense 126 5 1 5 Stand 297 Corner of Lethabo Avenue and Ingwenya Avenue 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.414746582351 30.104777365923

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang