Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anerley Garden Park Resort

Selfsorg
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R560 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Anerley Garden Park Resort is 'n lieflike oord geleë op plaas Sanderstead wat net buite Anerley, Port Shepstone geleë is. Dit is 'n ideale wegbreekplek vir 'n vakansie saam met familie en vriende aangesien dit 'n verskeidenheid doendinge op die perseel het.

Dié oord bied 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies soos oornaggastekamers en selfsorghutte wat wissel van 'n kapasiteit van 4 tot 6 gaste. Daar is 4 oornag en suite-gastekamers wat elk 2 gaste kan akkommodeer en met óf 'n koninggrootte-bed óf 2 enkelbeddens ingerig is. Elke gastekamer het 'n koffiestasie met 'n yskassie en 'n mikrogolfoond.

Die 4- en 6-slaaphutte het elkeen gemaklike beddens en 'n badkamer met 'n stort. Elkeen van hierdie hutte het 'n sitkamer en 'n kombuis wat toegerus is met verhit-en-eetgeriewe asook 'n privaat patio met braaigeriewe en buitesitplek.

Die oord bied 'n lieflike gemeenskaplike swembad waar gaste kan afkoel. Daarbenewens is daar 'n oerwoudgimnasium vir kinders om op te speel sowel as 'n trampolien. Daar is 'n houtdek waar gaste kan eet en 'n skemerkelkie kan geniet aangesien daar 'n restaurant en 'n kroeg op die perseel is. Die oord het ook 'n geriefswinkel en 'n vermaakkamer met 'n pooltafel en tafeltennis.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Eugene P
Gesin met tieners
5.0
Excellent. Magnificent, will definitely be coming back for another stay. Thank you for your hospitality.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Riana T
Saam met lewensmaat
4.8
Value for money at clean accommodation. A last minute stay and the room was ready and clean. Great value for money, friendly staff and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Johann K
Saam met lewensmaat
4.8
Die oord het uit hul pad uit gegaan om ons tuis te laat voel. Die restaurant is 'n klein juweel. Baie billike pryse en lekker kos.
Jul 2023
Vishaal H
4.6
Awesome. I would recommend it for family as well as large groups.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Nalize L
4.0
Baie lekker, restaurant baie bekostigbaar. Vriendelik en baie lekker plekkie.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ockert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Anerley Garden Park Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 560
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 560
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03ff1fcbc7b2b8f5c97f2a63760f96d6c38e8ce59ff89dd80fa3d140e36238790aa69818db9134bafac42591ec55416b908e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R560 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Bendigo Road Portion 115 of 4 of the farm Sanderstead 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.669009677879 30.493455407808

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang