Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anerley Garden Park Resort

Selfsorg
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Anerley Garden Park Resort is 'n lieflike oord op Sanderstead-plaas net buite Anerley in Port Shepstone. Dit is 'n ideale wegbreekplek vir 'n familie of groep vriende aangesien daar 'n rits aktiwiteite op die plaas gebied word.

Hierdie oord bied 'n verskeidenheid verblyfopsies soos oornaggastekamers, rugsakreisiger-eenhede, karavaanstaanplekke en selfsorghutte wat slaapplek aan 4 tot 10 gaste bied. Daar is 4 en suite-oornaggastekamers wat elk 2 gaste akkommodeer en 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens het. Elke gastekamer het 'n koffiestasie, 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. Die rugsakreisiger-eenheid beskik oor 8 gemeenskaplike slaapkamers wat elk 4 enkelbeddens in die vorm van stapelbeddens het.

Daar is 24 karavaanstaanplekke wat elk vir 4 gaste geskik is. Dié kampeerplek het ablusiegeriewe wat met die rugsakreisigers-eenheid gedeel word. Die selfsorghutte vir 4, 5 en 6 het elkeen gemaklike beddens, 'n badkamer met 'n stort, 'n sitarea, 'n kombuis wat met verhit-en-eetgeriewe toegerus is, en 'n privaat stoep met braaigeriewe en sitplek.

Die groter huis wat 10 gaste akkommodeer, het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea met lugversorging, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n ruim sitarea met gemaklike sitplek. Daar is ook 'n onderdakhoutdek met 'n gasbraai. Gratis WiFi is in gemeenskaplike areas beskikbaar.

Die oord bied 'n gemeenskaplike swembad, 'n klimraam en 'n trampolien. Daar is ook 'n restaurant op die perseel en 'n houtdek waar gaste kan maaltye en skemerkelkies kan geniet. Gaste kan ook die geriefswinkel en vermaakkamer met 'n pooltafel en 'n tafeltennistafel besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Eugene P
Gesin met tieners
5.0
Excellent. Magnificent, will definitely be coming back for another stay. Thank you for your hospitality.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Riana T
Saam met lewensmaat
4.8
Value for money at clean accommodation. A last minute stay and the room was ready and clean. Great value for money, friendly staff and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Johann K
Saam met lewensmaat
4.8
Die oord het uit hul pad uit gegaan om ons tuis te laat voel. Die restaurant is 'n klein juweel. Baie billike pryse en lekker kos.
Jul 2023
Vishaal H
4.6
Awesome. I would recommend it for family as well as large groups.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Nalize L
4.0
Baie lekker, restaurant baie bekostigbaar. Vriendelik en baie lekker plekkie.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ockert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Anerley Garden Park Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bendigo-weg, Erfdeel 115 van 4 op Sanderstead-plaas, Anerley, 4230, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03ff1fcbc7b2b8f5c97f2a63760f96d6c38e8ce59ff89dd80fa3d140e36238790aa69818db9134bafac42591ec55416b908e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R620 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Bendigo Road Portion 115 of 4 of the farm Sanderstead 4230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.669009677879 30.493455407808

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang