Assegai Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eenheid 61, Highlands Wilderness, Bela-Bela, 9499, Limpopo
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Assegai Lodge is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die Highlands Wilderness Reservaat naby Bela-Bela. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek of as 'n groep vriende.
Dié hoof huis bied slaapplek aan 6 gaste en het ook 'n aparte woonstel. Die hoofhuis het 3 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 2 volledige badkamers, waarvan een 'n en suite-badkamer is. Al die slaapkamers lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die bosveld.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea en TV-sitarea. Die kombuis en opwaskamer is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en kombuistoebehore toegerus.
Die eetarea het 'n groot etenstafel met sitplek vir 8 en 'n klein ontbytarea met sitplek vir 3. Die leefarea het gemaklike sitplek en skuifdeure wat na 'n houtdek met sitplek en 'n plonspoel lei. Aan die agterkant gaan dit uit na 'n kuierarea met ingeboude sitplek, vuurmaakplek en braaigeriewe. Kampstoele, 'n yskas en 'n ysmasjien is in die nabygeleë stoorkamer langs die woonstel beskikbaar.
Die oopplan-woonstel het 'n aparte ingang, 'n koningingrootte-bed, sitarea, kombuisie en privaat badkamer. Let wel, die woonstel word nie aan ander gaste uitverhuur as die hoof huis reeds bespreek is nie. Dit kan wel met die hoof huis gekombineer word om 'n groter group te akkommodeer (Spesiale tariewe geld indien albei wooneenhede gesamentlik bespreek word.
Die kliprandjies langs die huis bied 'n lieflike uitsig oor die plaas en is ideaal vir 'n oggendkoffie of laatmiddag skemerkelkies.
Wildkyk word met privaat voertuie toegelaat en daar is 'n paar kort roetes vir 4x4-entoesiaste.
Stap, draf en bergfietsry is baie gewild. Gaste kan gereelde besoeke van wild verwag.
Elements Gholfbaan is net sowat 3 km vanaf die Highlands-hek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Eenheid 61, Highlands Wilderness, Bela-Bela, 9499, Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eenheid 61, Highlands Wilderness, Bela-Bela, 9499, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang