Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Autumn Lane

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Autumn Lane bied selfsorgverblyf op 'n wynplaas in die Paarl. Dié puik verblyf is ideaal vir sakereisigers en toeriste wat die wynplase in die omgewing wil besoek.

Verblyf word in eenhede met die naam Minié Farm Manor House, Autumn Lane, Autumn Lane Soleil Suite, Le Héritage Porto Blanc en Le Héritage Porto Rouge gebied.

Minié Farm Manor House het slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers. Altwee slaapkamers het koningingrootte-beddens en die een kamer het ook 2 ekstra enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, wasbak en toilet in die een badkamer en die ander badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n aparte gastebadkamer met 'n toilet en wasbak. Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrgolf, stoof, oond en ketel. Die oopplan-leefarea en -sitarea het gemaklike sitplek, 'n pooltafel, 'n TV met DStv, WiFi, 'n kaggel, binnebraai en 2 buitebraaigeriewe. Gaste moet hulle eie hout saambring. Daar is slaapplek vir 7 ekstra gaste teen 'n ekstra koste. Die eenheid word nie deur beurtkrag geraak nie.

Autumn Lane Soleil Suite se hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 3 kinderbedjies. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met 6 stoele, waar gaste maaltye kan geniet. Daar is ook 'n TV met Netflix en DStv, asook binnebraaigeriewe, 'n vuurput en plonspoel.

Le Héritage Porto Blanc bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n ketel, mikrogolf, yskas-vrieskas, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook ‘n swembad en ingeboude braai vir gaste om te geniet. Gaste het ook toegang tot 'n swembad en privaat houtvuurwarmbad.

Le Héritage Porto Rouge bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n ketel, mikrogolf, yskas-vrieskas, stoof, lugbraaier en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook swembad en ingeboude braai vir gaste om te geniet. Gaste het ook toegang tot 'n swembad en privaat houtvuurwarmbad.

Autumn Lane het slaapplek vir 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die kombuis is met 'n mikrogolf, yskassie en ketel toegerus. Daar is ook 'n TV met die volle DStv-pakket, tee- en koffiemaakgeriewe met melk en koekies en 'n privaat ingang. Daar is 'n sitarea met 'n TV met Netflix, 'n volledige kombuis, wasmasjien, etenstafel en 'n binnebraai. Gaste moet hul eie brikette en hout saambring. Die eenheid het ook ‘n swembad en vuurput buite. Hierdie eenheid word nie deur beurtkrag geraak nie.

Daar is heelwat aktiwiteite in die omgewing en gaste is welkom om af te koel in die swembad of dam op die plaas. Pak gerus ook 'n piekniekmandjie en soek 'n lekker uitspanplekkie langs die dam.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 102 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Irma V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend. Ons het heerlik gekuier by Autumn Lane. Die eenheid is baie goed toegerus met alles wat jy sou nodig kry. Die gasvrou was baie gaaf, en he...
Sien meer
Mei 2024
Janet E
Gesin met tieners
5.0
Heerlik! Die plekkie is pragtig en voel huislik. Ons sal beslis weer daar aan bly in die toekoms!
Apr 2024
Marli T
Gesin met tieners
5.0
Baie dankie - ons het heerlik gebly! Baie dankie - ons het heerlik gebly! Dankie vir die paasfees geskenkies, was baie spesiaal.
Mrt 2024
Carol G
Saam met lewensmaat
5.0
Idyllic location. Beautiful accommodation equipped with everything we needed and they are load shedding friendly. Complimentary wine on...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Louise V
Saam met lewensmaat
5.0
A little piece of paradise in Paarl. Porto Blanc was stunning. Very cosy and well-equipped with everything that we needed. It provided ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lois-Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 102

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Autumn Lane het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwYjExYTA5LTJjZjUtNDZhYy1iOWUwLTc1MmMxZjFlNDA3Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 102 5 1 5 Sonstraal Road Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.726597244609 19.021826684475

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang