Autumn Lane
- Kapasiteit: 23 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Autumn Lane is 'n selfsorg-eenheid wat op 'n werkende wynplaas in die Paarl-distrik geleë is. Dis die ideale verblyf vir sakereisigers en toeriste wat op soek is na 'n sentrale basis terwyl hulle die talle wynplase in die omgewing verken.
Verblyf word gebied in 4 individuele eenhede naamlik Autumn Lane Soleil Suite, Minié Farm Manor House, Le Héritage Porto Blanc, en Le Héritage Porto Rouge.
Autumn Lane Soleil Suite is 'n pragtige eenheid met slaapplek vir 2 tot 5 gaste op 'n koninggrootte-bed en 'n driekwartbed en het 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Ander geriewe in die kamer sluit WiFi, 'n eetarea, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n binnebraai en 2 TV's in wat onderskeidelik die volledige DStv-pakket en Netflix het, en tee- en koffiemaakgeriewe met melk en beskuitjies in. Daar is 'n privaat ingang en 'n privaat parkeerplek, asook 'n vuurput en plonspoel. Gaste moet hul eie hout of brikette saambring.
Minié Farm Manor House het slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers. Albei kamers het 'n koningingrootte-bed en een van die kamers het ook 2 enkelbeddens. Een van die badkamers het 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die ander badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n toilet en wasbak. Die eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof-oond en ketel. Die oopplan-leefarea en die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n pooltafel, 'n TV met DStv, WiFi, 'n kaggel, binnebraai en 2 buitebraai-areas. gaste moet hul eie hout of brikette saambring. Die huis het slaapplek vir 'n addisionele 7 gaste teen 'n ekstra koste.
Le Héritage Porto Blanc het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en stoof met tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook 'n swembad en ingeboude braai wat gaste kan geniet. Gaste het ook toegang tot 'n swembad en privaat houtvuur-bubbelbad.
Le Héritage Porto Rouge het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en stoof met tee- en koffiemaakgeriewe. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook 'n swembad en ingeboude braai wat gaste kan geniet. Gaste het ook toegang tot 'n swembad en privaat houtvuur-bubbelbad.
Daar is talle doendinge in die area en gaste wat in die hoofhuis bly het toegang tot 'n swembad of dam om op daardie warm somersdae af te koel. Pak gerus ook 'n piekniekmandjie en soek 'n lekker ontspanningsplek langs die dam.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lois-Mari Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 102
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Autumn Lane het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 23 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang