Avani Lodge - Hen Of The Wood
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Paardekloof Plaas, Avani-natuurreservaat, Botrivier, 7195, Wes-Kaap
- Vanaf R1 840 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Avani Lodge - Hen Of The Wood is 'n bekoorlike selfsorgeenheid in die Avani Lodge Privaat Natuurreservaat naby ander eenhede en word met berge en fynbos omring. Dit is 15 km vanaf Botrivier.
Hierdie ekovriendelike eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort met 'n uitsig oor die veld en bome, asook 'n wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, induksiestoof, gasstoof, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na 2 stoele en 'n eetarea. Daar is ook 'n binnebraai-area.
Daar is 'n houtvuurwarmbad met 'n uitsig oor die veld en op die berge. Die houtdek het sitplek en daar is parkeerplek langs die eenheid. Gaste kan die gemeenskaplike swembad benut en daar is 'n kat op die plaas, Sebastian, wat vrylik rondbeweeg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Ewald Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 121
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Paardekloof Plaas, Avani-natuurreservaat, Botrivier, 7195, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Hemel-en-Aarde Vallei Hermanus Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Paardekloof Plaas, Avani-natuurreservaat, Botrivier, 7195, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang