Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ayama Manor House & Farm Cottage

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paardeberg-weg, Windmeul, Paarl, 7630, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 295 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ayama Manor House & Farm Cottage is 'n klassieke plaashuis wat tot die 18de eeu terugdateer en in die hartjie van die Paardeberg skuil.

Die huis is met antieke meubels en dekor versiek en beskik oor 5 gerieflike slaapkamers met en suite-badkamers wat 'n bad, stort, wasbak, toilet en bidet het. Linne en handdoeke word voorsien.

Artichoke Cottage is 'n lieflike, plattelandse selfsorghuis wat ​​uit 2 en suite-slaapkamers, 'n leefarea, 'n kombuis en 'n stoep bestaan.

Die knus gemeenskaplike area het 'n kaggel, 'n pool-tafel, skaak en 'n klein biblioteek en die tuin en terras sorg vir 'n panoramiese uitsig oor die heuwels wat 'n oorvloed van olyfbome en wingerd het. Tafelberg is in die agtergrond te sien. Die swembad het 'n buitelugstort wat ideaal is om tydens daardie warm Boland-dae af te koel.

Daar is 'n plaaskombuis op die perseel wat tradisionele Italiaanse maaltye met vasrgeplukte bestandele vanuit die tuin voorberei word. Gaste kan in die Deli Farm-winkel op die perseel rondsnuffel en Italiaanse delicatesse en plaaslike produkte soos Ayama Wines of Ayama Extra Virgin Olive Oil huis toe neem.

Verder kan gaste tussen die fynbos, wingerd en olyfbome wandel waar hulle verskeie voëlspesies, fauna en flora sal sien. Die huis is ideaal vir 'n natuurwegbreek saam met vriende of familie.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Die eiendom is net 15 minute se ry vanaf Paarl en Wellington en 30 minute vanaf Riebeek-Kasteel. Dit is maklike bereikbaar vanaf die N1 wat net 30 km vanaf die huis.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Shaun D
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing. Absolutely amazing place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Blok F
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was uniek en vriendelik. Die verblyf was uitstekend, ontspanne en hoogs aan te beveel.
Aug 2024
Ruvé S
Gesin met tieners
5.0
So lekker gebly, sal weer kom kuier! Pragtige venue in pragtige omgewing. Heerlike ontbyt en wonderlike gasvrye personeel.
Aug 2024
Liza-marie S
Gesin met tieners
5.0
Egte Bolandse gasvryheid, warmte en uitstekende personeel! Dit was allerwowstes! Perfek vir ouers wat skoolbedrywighede in die Paarl omgewing moet byw...
Sien meer
Aug 2024
David C
Saam met lewensmaat
5.0
5 stars and counting. If you never come here, you are missing out on a first class stay. Everything is excellent, and the wine is delic...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Giuseppe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Paardeberg-weg, Windmeul, Paarl, 7630, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ayama Manor House & Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 295
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 295
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Paardeberg-weg, Windmeul, Paarl, 7630, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7a72b38d34240e6f226d8b1b15ea831adc3874d97d2539466d02ff0c08c63bd1df30db48c83c1de451a3f235f454b3985f67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 295 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 Paardeberg Road Windmeul 7630 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -33.622522625326 18.822422141809

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang