Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Azure 11

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Azure 11 is 'n bekoorlike eenslaapkamerwoonstel in 'n pragtige kompleks, langs die alombekende Eden on the Bay-kompleks in Big Bay. Dit beskik oor al die nodige geriewe vir privaat, elegante selfsorgverblyf wat perfek is vir sakereisigers, vakansiegangers, avonturiers en paartjies op 'n romantiese wegbreek.

Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en daar is ook 'n kluis in die slaapkamer. Die moderne kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en beskik oor 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. 'n Wasmasjien en skoonmaakmiddels is ook beskikbaar. Gaste kan hul etes aan die etenstafel geniet en heerlik in die sitkamer voor 'n TV met DStv ontspan. Rook is verbode in Azure 11.

Azure-kompleks het 'n reuse gemeenskaplike swembad en 'n ruim dek waarop gaste lekker son kan vang. WiFi is beskikbaar op die dek. En daar is parkeerplek buite en in die ondergrondse parkeerplek.

Die kompleks is net 'n paar minute se stap vanaf Eden on the Bay se winkels en restaurante. Die MyCiTi-bushalte is net 200 m van die woonstel af. Kaapstad bied talle besienswaardighede en aktiwiteite, soos die V&A Waterfront, Tafelberg, Kirstenbosch Nasionale Botanies Tuin, heelwat strande, wynplase en meer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.3
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 776

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Otto Du Plessis-rylaan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Azure 11 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Otto Du Plessis-rylaan, Big Bay, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4d4a5019835056430230f2f948194acc5c083bdcb412c3b7ecff579073066833c3ca04010888c6aa0c5705482001eeaf1db7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Otto Du Plessis Drive Big Bay 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.791809483368 18.459317833185

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang