Bakgat Stay
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 129, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Bakgat Stay bied selfsorgverblyf in die kusdorp Struisbaai. Die huis is oorkant die pad van die rotsagtige strandfront en bied 'n lieflike see-uitsig.
Die eiendom bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 'n hoofhuis met 2 slaapkamers en 'n badkamer, en 'n woonstelletjie. Die eerste slaapkamer in die hoofhuis het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die woonstelletjie het 'n enkelbed, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die hoofhuis se kombuis is met al die toebehore om maaltye voor te berei toegerus en daar is ook 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en ander toebehore. Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n etenstafel met sitplek en 'n see-uitsig. Die leefarea lei na die sonnige stoep wat na die see front met 'n tafel en bankies. Deure aan die ander kant van die leefarea lei na die binnehof met 'n ingeboude onderdakbraai. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die gras voor die huis vir 4 voertuie.
Daar is 'n slim-TV met DSTV Premium op versoek beskikaar in die leefarea. Gratis WiFi is beskikbaar.
Bakgat Stay is die ideale basis vir diegene wat die pragtige landmerke in L'Agulhas en die opwindende hawe, winkels, restaurante en strande in Struisbaai wil besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dirk Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Marinerylaan 129, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Bakgat Stay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 129, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang