Ballito Manor View Apartment
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation-rylaan 102B, Manor View, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 250 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ballito Manor View Apartment is op Williard Beach in die hartjie van Ballito wat bekend is vir sy pragtige strande, glinsterende rotspoele, getypoele en hoe lewendig en opgewek die restaurante en winkels langs die strand is.
Dié selfsorg-eenheid het lugversorging, dit is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders, en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, TV, 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet, en dit lei na die balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.
Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis, eet- en leefarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele waar gaste saam etes kan geniet.
Die ruim sitarea het 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders, ekstra gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook gratis WiFi.
Die leefarea lei na die balkon wat met see-uitsigte, 'n etenstafel en 'n gasbraai spog. Die kompleks het gemeenskaplike braaigeriewe en veilige kelderparkeerplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lourens Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Compensation-rylaan 102B, Manor View, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ballito Manor View Apartment het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation-rylaan 102B, Manor View, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal