Baywest Stay
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burchell-weg 15, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Baywest Stay is 'n selfsorg-vakansiemeenthuis in 'n kompleks in die hartjie van Gqeberha (Port Elizabeth). Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n naweekwegbreek aangesien hierdie meenthuis 'n buitebraai-area het.
Dié meenthuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv, YouTube en Netflix. Gratis Wi-Fi is beskikbaar.
Buite is daar 'n groot omheinde tuin en 'n sonnige stoep met 'n ingeboude braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3/5
Nontanda Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Burchell-weg 15, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Burchell-weg 15, Gqeberha (Port Elizabeth), 6025, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang