Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach House Breakaway

Selfsorg
Spesiale Aanbod 14% af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 000 R6 857 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Beach House Breakaway bied veilige selfsorgverblyf op die skiereiland in Onrus.

Verblyf is beskikbaar in 'n hoofhuis met 'n tuinwoonstel, wat in totaal plek aan 12 gaste bied.

Die hoofhuis se hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n slaapbank en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer is 'n solderkamer met 'n dubbelbed en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die woonstel het 'n slaaparea, kombuisie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die eerste ruim oopplan-leefarea en -eetarea in die hoofhuis lei na 'n binnehof met 'n swembadjie. Die ander oopplan-leefarea en -eetarea wat in die solder geleë is het 'n binnebraai en lei na 'n dek met 'n uitsig op die berge en oor die see. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, 'n stoof, oond en ander toebehore toegerus. Daar is ook 'n aparte waskamer.

Gratis WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek op die omheinde erf en ekstra parkeerplek buite. Daar is toegang tot die grootste gedeelte van die huis vir gaste met beweeglikheidsprobleme deur 'n aparte ingang.

Die eiendom is sowat 400 m van Onrus se strand en strandmeer en 200 m van Harderbaai Reservaat af. Dit is ook net sowat 7 km van Hermanus se middedorp met sy 3 gholfbane binne 'n 10 km-radius af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wini Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach House Breakaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R8 000
R8 000 R6 857
per nag (plek vir 12)
Vanaf R8 000
R8 000 R6 857
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb35e85e8f02595aaf231ea49216c6798dd94b242a538a336ec78c2bab4ab3f86f206f49e4200481b9a1c8a655a40f334e25b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R8 000 nouVanaf R6 857 per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 31 Erica Street Onrus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.41824693419 19.174882455639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang