Beach House on 5th Avenue
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Laan 7, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Beach House on 5th Avenue is 'n ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Voëlklip, Hermanus. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n kusvakansie saam met familie en vriende aangesien dit nie net beide berg- en see-uitsigte het nie, maar ook 'n sprankelende swembad insluit.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Hierdie 3 kamers deel die gebruik van die ander 2 badkamers wat toegerus is met 'n stort in die een en 'n bad sowel as 'n stort in die ander. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-eetarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar in die opwaskamer. Van die kombuis af lei 'n eetarea met 'n kaggel asook 'n ingeboude pizza-oond. Op die boonste vloer is daar 'n formele sitkamer met nog 'n etenstafel en 'n lessenaar. Verder is daar 'n knus TV-kamer met gemaklike sitplek asook 'n kombuisie met tee- en koffiemaakgeriewe. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Die boonste vlak het 'n balkon met 'n buite-eettafel en die onderste vlak maak oop op 'n uitgestrekte patio en tuinruimte. Die patio sluit nog 'n buite-etenstafel in en die tuin beskik oor braaigeriewe en 'n sprankelende swembad wat die ideale plek is vir 'n skemerkelkie saam met familie en vriende in die aand. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand vanaf die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kaggel
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Tino Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 5de Laan 7, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Beach House on 5th Avenue het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Laan 7, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang