Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Music

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 18, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Beach Music is 'n selfsorg-, troeteldiervriendelike eiendom wat in die kusdorpie Sandbaai geleë is. Die eiendom is die ideale basis vanwaar die gewilde walviskykplekke in Hermanus en die Hemel en Aarde-wynvallei verken kan word, om maar 'n paar besienswaardighede in die area te noem.

Dié dubbelverdiepinghuis bestaan uit 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is bo geleë en spog met 'n sagte koningingrootte-bed, ingeboude kaste, asook 'n en suite-stort, wasbak en toilet. Die solderarea is gevul met natuurlike lig en het oorgenoeg lessenaarspasie, sitkamerbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Een van die rusbanke vou ook uit om ekstra slaapplek te bied.

Op die grondvloer lei die gang na 3 slaapkamers en 1 en 'n half badkamers: slaapkamer 1 is effens groter en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste; die 2de slaapkamer het 2 enkelbeddens, ingeboude kaste asook 'n stort en 'n wasbak, en die 3de slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n wasbak en vrystaande kas. Die badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die goed toegeruste kombuis bevat die nodige toebehore om maaltye te kook. Die ruim, oopplan-leefarea het 'n kaggel en dubbeldeure wat na die buitestoep oopmaak, wat 'n braaigeriewe het vir gaste om te gebruik.

Troeteldiere wat goed gedra is welkom indien dit gereël word.

Beach Music is toegerus met 'n alarm, veiligheidshekke en diefwering, en Fidelity ADT verskaf 24 uur-sekuriteit.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Christiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofweg 18, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Music het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 18, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAh8cka8z7ZZtnm33M3uyfHrcNk7g0d8TDxIFC0Bcx5r6jEJsfKT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 18 Main Road Sandbaai 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.426328024306 19.195579982803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang