Beach Walk
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Huisreëls
Gaste is verantwoordelik om self skoon te maak. Indien gaste vir 'n week of langer bly, sal die linne een keer per week gratis skoongemaak en vervang word. 'n Skoonmaakdiens is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Omdat hierdie verblyf in 'n woongebied is, moet gaste asb. geraasvlakke beperk en die bure respekteer.
Geraasvlakke moet ná 22h00 op weeksdae en middernag oor naweke laag gehou word.
Besoekers is welkom, maar reëlings moet vooraf met die eienaar getref word. Die aantal individue wat toegelaat word om te oornag, is beperk tot die getal van die bespreking.
Gaste moet die alarm aanskakel wanneer hul die perseel verlaat.
Maak asb. seker dat alle vensters/deure toegemaak word voordat die perseel verlaat word om te voorkom dat daar met die alarmstelsel ingemeng word.
Vure moet slegs in die aangewese brandareas gemaak word.
Aangesien Namibië in die middel van 'n ernstige droogte is, moet gaste asb. water spaarsamig gebruik.
In ooreenstemming met Namibiese wetgewing is alle rook in die huis streng verbode en enige individu wat versuim om daaraan te voldoen, sal 'n boete ontvang.
Meld asb. enige breekskade in die eenheid by die eienaar aan.
Geen komberse, handdoeke of enige ander items mag van die verblyf verwyder word nie.
In die geval dat daar enige skade aan die verblyf of die inhoud daarvan is, of iets wegraak, sal die gas wat vir die bespreking verantwoordelik is, aanspreeklik gehou word.
Verwyder asb. die sak wanneer die asblik in die huis vol is en gooi dit in die groot, swart dromme op die perseel weg.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 0 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lumen-straat 5, Vineta, Swakopmund, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang