BeachKaya
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 18 Jan 2024 tot 14 Des 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 500R2 800 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
BeachKaya is 'n asemrowende selfsorgvakansiehuis met 'n strandtema geleë in die veilige Khamanga Bay Estate in Chintsa-Wes wat sowat 30 minute noord van Oos-Londen is, op die Wildekus Jikeleza-roete. Dit is afgesonder en bederf met lieflike see-uitsigte, terwyl dit ook 'n kort 100 m se stap van die strand af is.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 7 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die derde badkamer beskikbaar. 'n Addisionele enkelslaapbank is beskikbaar in 1 van die leefareas. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6 waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die stapeldeure is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Onder by die strand kan gaste die beste van twee wêrelde geniet wat 'n wit sandstrand sowel as 'n lieflike getypoel insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Karl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
- Gaste dink BeachKaya het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Buffelstad Oos-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang