BeachKaya
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 18 Jan 2024 tot 14 Des 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 500R2 800 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
BeachKaya is 'n pragtige selfsorg-vakansiehuis met 'n strandtema op die veilige Khamanga Bay-landgoed in Chintsa-Wes wat ongeveer 30 km noord van Oos-Londen op die Wildekus Jikeleza-roete is. Dit is afgesonder en bied 'n lieflike see-uitsig. Dit is ook net 100 m se stap van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die derde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n addisionele enkelslaapbank in een van die leefareas. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die helder en lugtige leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 6 stoele. Dit sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek en ingeboude braaigeriewe. Dit is die perfekte plekkie vir 'n lekker skemerkelkie. Die nabygeleë strand bied wit sand en 'n lieflike getypoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Karl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
- Gaste dink BeachKaya het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Buffelstad Oos-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mthunzi-laan 31, Khamanga Bay Estate, Chintsa-Wes, 5275, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang