Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beachwood Cottage

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R500 skoonmaakfooi per bespreking.

Prys sluit in
Selfsorg
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R3000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

1. Alle gaste moet hou by die reëls en regulasies van die park. Indien gaste nie by die reëls hou nie, sal verblyf onmiddelik gekanselleer word. Terugbetalings geld nie in sulke gevalle nie.
2. Die bestuurder behou die reg voor om hierdie reëls en regulasies sonder vooraf kennisgewing te verander.
3. Sekuriteitskameras word ekstensief gebruik in openbare areas van die eenheid. Wanneer dit gepas gebruik word is hierdie stelsels waardevol wanneer dit kom by die veiligheid en sekuriteit van persone en eiendom. Enige gas wat die eenheid beset gee hiermee toestemming dat hulle onder kameratoesig sal wees tydens verblyf by Beachwood Cottage.
4. In verband met die parkreëls en -regulasies, waaraan alle permanente inwoners en gaste onderhewig is, is die maksimum aantal gaste wat te enige tyd in Beachwood Cottage toegelaat word, 8. Enige persoon ouer as 5 word as 'n volwassene getel. Dus mag gaste geen partytjies of funksies tydens verblyf hou nie.
5. In verband met die parkreëls en -regulasies, indien 'n gas enige besoekers ontvang ooreenkomstig met reël 4, moet hierdie persone die park verlaat teen 22:00. Enige persoon wat nie die park teen 22:00 verlaat nie sal aanspreeklik wees vir die volledige daaglikse tarief vir die eenheid.
6. Alle gaste moet by die spoedbeperking van 15 km/u hou.
7. Karavante, tentopslaan, draagbare swembaddens, motorfietse, vierwielmotorfietse, busse en bote word nie toegelaat nie.
8. Normale munisipale reëls en regulasies is van toepassing in Fleur Park.
9. Gaste mag nie alkohol in die openbare areas van Fleur Park gebruik nie. Dit sluit gaste se persoonlike voertuie, die strand of enige parkspasie (tuin/grasperk) in die park in.
10. Gaste sal aanspreeklik wees vir die volledige koste van enige skade aan die gemeenskaplike eiendom van Fleur Park en/of die privaat eiendom en dit sal van die gas se deposito afgetrek word. Indien dit nie genoeg is nie, sal gaste self reëlings moet tref om die uitstaande balans te betaal. Fleur Park en/of enige privaat eienaar behou die reg voor om wetlike stappe te neem om die koste van enige skade te dek.
11. Harde musiek, buitensporige geraas, alkoholmisbruik en dwelms word nie toegelaat nie. Geen geraas word tussen 23:00 en 09:00 toegelaat nie. Gaste mag glad nie musiek uit voertuie speel nie. Wees asb. bedagsaam teenoor bute te alle tye en moet asb. nie hard praat of skree of harde musiek speel nie.
12. Maak asb. gebruik van alle toegangspaaie tot die strand en moenie oor die areas om ander eenhede stap nie. Dit is in privaatbesit en word geag as oortreding.
13. Vuur: Vuur mag slegs in die aangewese braai-areas gemaak word.
14. Troeteldiere: Gaste mag nie troeteldiere na Fleur Park bring nie.
15. Parkeer/Bestuur: Slegs 2 voertuie per huis word toegelaat. Alle voertuie moet in die aangewese parkeerplek parkeer. Een ekstra parkeerplek is beskikbaar indien gaste besoekers tydens verblyf ontvang. Let asb. dat geen gas op die tuinarea/grasperk voor die eenheid mag parkeer nie. Enige voertuig wat in 'n verbode area parkeer sal geklamp word en die eienaar sal beboet word of die voertuig sal ingesleep word op die eienaar se onkoste.
16. Vullis: Gebruik asb. die dromme wat voorsien word. Alle vullis moet in 'n swart sak gesit word voordat dit in die drom gegooi word. Moet asb. nie skulpies/klippe/gruis/bene of sigaretstompies op die gras of in die tuin gooi/los nie.
17. Gaste mag nie balspeel tussen huise of geparkeerde voertuie nie.
18. Die gebruik van die spa is slegs vir die inwoners van Beachwood Cottage en geen besoekers mag hierdie fasiliteit gebruik nie.
19. Gaste se gerief en veiligheid is top prioriteit. Indien gaste te enige tyd en vir enige rede ongemaklik voel tydens 'n spasessie, rapporteer dit asb. dadelik aan die huuragent en stop die sessie onmiddelik.
20. Om te verseker dat ander eenhede nie gestoor word nie, hou asb. geraas tot 'n minimum in die spa. Die spa kan slegs tussen 09:00 en 22:00 gebruik word.
21. Dit is elke gas se verantwoordelikheid om 'n mediese werker te raadpleeg voordat hulle die spa gebruik, om vas te stel of gaste enige mediese toestand of ander toestand het en of hierdie toestand 'n gevaar inhou vir enige iemand anders se gesondheid en/of veiligheid.
22. Beachwood Cottage se bestuur behou die reg voor om toegang tot of dienste van die spa aan enige gas te weier weens besware oor gesondheid en of veiligheid.
23. Minderjariges moet 'n ouer of voog by hulle hê vir die hele spasessie.
24. Beachwood Cottage kan nie verantwoordelik gehou word vir enige minderjariges wat sonder toesig in die spa gelos word nie.
25. Geen kos en/of drank word in die spa toegelaat nie.
26. Rook is verbode op die perseel van Beachwood Cottage.
27. Alkoholiese drankies word nie in of om die spa toegelaat nie.
28. Geen persoonlike musiektoestelle, blêrbokse of ekstra luidsprekers word toegelaat nie.
29. Die persoon wat die bespreking gemaak het is verantwoordelik vir alle gaste in die huis.
30. Beachwood Cottage se bestuur en/of enige verteenwoordiger daarvan behou die reg voor om enige gas van die perseel te verwyder en/of die verblyf van enige gas op te hef/te verkort/te eindig. Dit geld vir gaste wat die reëls en regulasies verontagsaam en vir enige gas wat stoornisse veroorsaak, morele slegtigheid toon of bedrog pleeg. Terubetalings geld nie in hierdie gevalle nie.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 2 490
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 490
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faure Marinerylaan, Fleur Park, Eenheid 42, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe173fa1799df17e8ef7b4decf051c0582ce36ad937671cb731487420905dca0026ed31af648935a67e8137c7d9ba18b20202?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 490 per nag (plek vir 8) 5 5 1 5 Faure Marine Drive Unit 42 Fleur Park 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.152268945827 18.861049864077

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang