Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beaufort Manor Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 13, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R780 per nag, vir 1 mens
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Beaufort Manor is in die Karoodorp, Beaufort-Wes, geleë en ons bied B&B-suites of selfsorgkothuise wat omring word deur ons pragtige roostuine.

Die dorp Beaufort-Wes is ideaal op die N1-hoofweg geleë op die pad na Durban, Kaapstad en Johannesburg. Reisigers op die langpad kies dikwels ons dorp as die ideale oornagplek. Beaufort Manor bied 'n lafenis van gemak vir alle oordeelkundige reisigers. In die hoofgebou is daar die ontvangs, eetkamerarea en sitkamers met hul weelderige gevoel. Verder bied Beaufort Manor ontwerperskamers met en suite-badkamers wat die vergestalting van elegansie en luuksheid is. Vir ons gaste wat bietjie meer privaatheid soek is daar ons selfsorgkothuise in die tuine wat oor die eenddammetjie uitkyk.

By ons kan jy smaaklike Karoo-aandetes by kerslig geniet, of in ons eetkamer, of onder die sterrehemel in die somermaande. Kies 'n lieflike bottel wyn om saam met jou driegangmaal te geniet wat deur ons vriendelike personeel bedien word. Gaste kan maaltye soos ons bekende lamsboud, tuisgemaakte hoenderpastei, bobotie, smullekker organiese groente uit die tuin, en nog baie meer geniet. Bespreek asb. om teleurstelling te voorkom. Ons uitnodigende swembad wag vir jou na 'n lang dag op die pad, kom ontspan en geniet die luisterryke Karoo.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Alwyn C
Besigheidsreis
5.0
Sal weer daar oorbly. Ek het baie lekker gebly. Baie vriendelike mense en 'n baie rustige atmosfeer.
Okt 2024
Reene O
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker plek! Mooi netjiese eenhede in 'n pragtige tuin geleë.
Aug 2024
Antionette V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Skoon. Alles wat jy nodig het om lekker te rus. Baie lekker gebly. Diere vriendelik. Pragtige plekkie. Rustig en baie skoon.
Apr 2024
Susette L
5.0
Pragtige tuine. Heerlike lugverkoeling met 40 grade buite. Mooi en veilige oornagkamers. Sal beslis weer daar slaap.
Jan 2024
Liana V
Gesin met tieners
5.0
Heerlik geslaap. Baie lekker gebly, veilig, skoon en netjies.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Diana Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 621

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Birdstraat 13, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beaufort Manor Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R 780
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Birdstraat 13, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzNWFmZTg4LTEwMzctNDJmMy05NWVjLTY5MDdhOTU0ZTQ2YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 1 mens 61 5 1 5 13 Bird Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.347065 22.583845

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang