Beka Idube
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng
- Vanaf R2 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Beka Idube is geleë in De Wagensdrift, Gauteng, en bied luukse selfsorg-tentverblyf. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers en paartjies wat smag na ontvlugting van die stad se gedruis af. Bring vir jou 'n boek en 'n maat saam, en beleef rus, verfrissing en gerief.
Elke privaat tent het 'n privaat dek en sy eie swembadjie. Dit is perfek vir besoekers wat wil kosmaak in die buitelug. Kinders en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Wild loop vry rond in hierdie bosveld-omgewing en die voëllewe is volop. Beleef die vrede van die bosveld in hierdie afgesonderde toevlugsoord.
Ons 2 luukse bosveldtente is baie privaat. Elke tent het sy eie swembadjie, watergat, koninggrootte-bed, en suite-stort, privaat oopplan-braaiplek met 'n Weber en 'n vuurmaakplek, 'n volledig toegeruste kombuisie met yskas, vrieskas, mikrogolf en 'n stoofplaat. Al die nodige linne, beddegoed, breekware en eetgerei word voorsien. Waaiers word voorsien in die somer en in die winter word verwarmers en elektriese komberse voorsien.
Beka Idube is net 'n klipgooi vanaf die Pretoria-metropool, Sandton, O.R. Tambo Internasionale Lughawe, die Oos- en die Wesrand, en ook net 20 minute van Cullinan, die historiese myndorpie, af.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Coralezet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng
- Gaste dink Beka Idube het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng