Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beka Idube

Tentekamp
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng
  • Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Beka Idube is geleë in De Wagensdrift, Gauteng, en bied luukse selfsorg-tentverblyf. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers en paartjies wat smag na ontvlugting van die stad se gedruis af. Bring vir jou 'n boek en 'n maat saam, en beleef rus, verfrissing en gerief.

Elke privaat tent het 'n privaat dek en sy eie swembadjie. Dit is perfek vir besoekers wat wil kosmaak in die buitelug. Kinders en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Wild loop vry rond in hierdie bosveld-omgewing en die voëllewe is volop. Beleef die vrede van die bosveld in hierdie afgesonderde toevlugsoord.

Ons 2 luukse bosveldtente is baie privaat. Elke tent het sy eie swembadjie, watergat, koninggrootte-bed, en suite-stort, privaat oopplan-braaiplek met 'n Weber en 'n vuurmaakplek, 'n volledig toegeruste kombuisie met yskas, vrieskas, mikrogolf en 'n stoofplaat. Al die nodige linne, beddegoed, breekware en eetgerei word voorsien. Waaiers word voorsien in die somer en in die winter word verwarmers en elektriese komberse voorsien.

Beka Idube is net 'n klipgooi vanaf die Pretoria-metropool, Sandton, O.R. Tambo Internasionale Lughawe, die Oos- en die Wesrand, en ook net 20 minute van Cullinan, die historiese myndorpie, af.

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Stoffel G
Saam met lewensmaat
5.0
Uit en uit die moeite werd. As jy wil rus is dit die plek. Warm water en 'n klein swembad maak dit die moeite werd.
Jan 2024
Elaine B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker gerus en gekuier.
Nov 2023
Lauretta D
Saam met lewensmaat
4.8
Gerieflike verblyf. Goed toegerus. Warm swembad was 'n wenner. Lieflike rustige verblyf. Lekker gekuier.
Jan 2024
Kayleigh V
Saam met lewensmaat
4.6
Relaxing and quiet. A wonderful stay. The hosts were incredibly accommodating and the accommodation was fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Linda C
Saam met lewensmaat
4.6
Baie lekker. Ons was hartlik verwelkom, ons was bederf met Zebras en rooibokke naby die kamp. Ons rustigheid was ongelukkig van korte duur en moes die...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Coralezet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng
  • Gaste dink Beka Idube het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 31, Leeuwkloof Vallei, De Wagensdrift, Pretoria, 1002, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2ac8e92810ffdeb5d2a2ff052123a15336e59eb393eab0492dff17b4b607f11befbac1a9b828a1087c4abbcd5c9a2be1c99f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense 60 5 1 5 Portion 31, Leeuwkloof Valley De Wagensdrift 1002 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.498465645695 28.505361378193

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang