Bellavista
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die R43, 9.2 km vanaf Stanford, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bellavista is op 'n privaat fynbos-eiendom van 300 hektaar geleë en is 'n pragtige plattelandse toevlugsoord wat met 'n uitsig oor die Walkerbaai spog. Dit is tussen Gansbaai en Stanford geleë en het 'n perfekte uitsig oor die Atlantiese Oseaan en op die Overberge, wat dit die ideale opsie vir 'n gesinsvakansie of 'n romantiese wegbreek maak.
Dié gastehuis bied 'n keuse van óf 2 suites met 'n see-uitsig, 'n junior suite, bergkothuis óf 'n kamer met 'n see-uitsig. Hierdie eenhede bied slaapplek aan óf 2 óf 4 gaste en het óf 'n koninggrootte-bed óf 2 enkelbeddens. Elke kamer en suite het 'n privaat badkamer met óf 'n stort en 'n bad óf net 'n stort.
Verder het elke eenheid 'n koffie- en teeskinkbord. Gratis WiFi is beskikbaar. Die See-uitsig Suites het 'n basiese kombuisie wat met 'n yskassie en mikrogolfoond toegerus is, terwyl die Berguitsig Kothuis 'n volledig toegeruste kombuis en sy eie braai het.
Alle gaste het volle toegang tot 'n soutwaterswembad wat in 'n kinderswembad oorloop en die ideale plek vir gaste is om op daardie warm somersdae af te koel terwyl hulle die uitsigte geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Op die R43, 9.2 km vanaf Stanford, 7220, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die R43, 9.2 km vanaf Stanford, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang