Bem Vindo Guest House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mossopstraat 43, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Bem Vindo Guest House is in Onrus, 'n kusdorpie aan die Wes-Kaap se suidelike kus geleë. Onrus is 'n kusstrook tussen berge, riviere, strandmere en die see en dis naby Hermanus en die Hemel-en-Aarde-vallei.
Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea het 'n TV met DStv, Netflix, 'n binnebraai-area en gemaklike sitplek. Die huis bied ook 2 buitebraai-areas, 'n lapa, 'n alarmstelsel, sekuriteitskameras buite, WiFi, 'n toesluitmotorhuis en aparte motorafdakparkeerplek. Daar is ook sonkrag, 'n omsetter en batterye om beurtkrag te bekamp.
Onrus bied wandel- en voetslaanroetes langs die kus na Onrusstrandmeer of op die kuspaadjies. Daar is ook doendinge, soos swem, snorkel, haaihokduik, walviskyk, fietsry en voetslaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Adri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Mossopstraat 43, Onrus, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink Bem Vindo Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mossopstraat 43, Onrus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang