Berg en Zee Guesthouse
- Kapasiteit: 22 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 135, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Berg en Zee Guesthouse is 'n pragtige strand-venue wat deur die eienaar bestuur word. Sy sal verseker dat elke dag by dié gastehuis spesiaal is.
Berg en Zee is 'n welbekende landmerk in Kusweg en is sentraal geleë in Gordonsbaai, net 'n paar treë van die strand af. Of nou in die son wil bak op die bekende Bikini-strand, 'n bootrit wil neem van die hawe af, of 'n maaltyd by een van verskeie seefront-restaurante wil geniet, hierdie is die plek vir jou.
'n Volledige ontbyt-spyskaart is elke oggend beskikbaar in die sonnige eetkamer en daar is 'n knus wynkelder met 'n mikrogolfoond, boeke en speletjies.
Die dakwoonstelle is twee baie spesiale suites wat heel bo in die gastehuis geleë is en dus asemrowende see- en berguitsigte bied. Elke suite het 'n ekstra lengte koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n kombuisie, 'n groot onderdak-terras met braaigeriewe, 'n sitarea, 'n groot platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler, asook gratis WiFi. Hierdie kamers het elkeen slaapplek vir 2 gaste.
Daar is ook 3 dubbelkamers op die tweede verdieping, elkeen lekker ruim, met 'n wonderlike uitsig oor die see van 'n privaat balkon af. Elkeen van hierdie eenhede is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, lugversorging, 'n sitarea, platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie kamers het elkeen slaapplek vir 4 mense en is geskik vir gesinne met kinders.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Speletjieskamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Kerry-Ann Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Kusweg 135, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Berg en Zee Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 22 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Kusweg 135, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang