Berghaan
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15de Laan 862a, Wonderboom-Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
- Vanaf R630 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Berghaan is in Wonderboom-Suid, Pretoria, geleë.
Verblyf bestaan uit 3 kamers. Daar is 'n aparte ingang na die eenhede vanaf die straat en die woonstelle is apart van die hoofhuis.
Alle luukse, oopplan-kamers is groot en beskik oor 'n koningingrootte-bed sowel as 'n volledige en suite-badkamer. Die koningin-eenheid op die grondvloer het 'n stort, terwyl die koningin-eenheid op die eerste verdieping met 'n bad en stort toegerus is. Gerieflikheidshalwe word kwaliteit beddegoed en handdoeke voorsien.
Hierdie eenhede het 'n klein kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan op die gemaklike leerbank ontspan of terwyl hulle die platskerm-TV met sekere DStv-kanale in albei eenhede geniet. Gratis WiFi-internettoegang word ook voorsien. Albei eenhede het ook 'n lessenaar met 'n leeslamp waar sakereisigers kan werk.
Daar is 'n restaurant en wegneemetes sowat 200 m vanaf Berghaan. Verskeie afleweringstoepassings is ook beskikbaar en gaste is welkom om kos elektronies te bestel en te laat aflewer.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar vir 1 voertuig per eenheid. Vir addisionele parkeerplek, reël asseblief vooraf.
Die eenhede word daagliks skoongemaak en 'n wasgoeddiens is op versoek beskikbaar.
Berghaan is binne 'n kort entjie se ry vanaf verskeie restaurante en winkelsentrums asook die Eugene Marais-, Netcare Moot- en Steve Biko Hospitale geleë met 'n verskeidenheid mediese spesialiste. Hierdie hospitale is binne 'n radius van 5 km.
Baie hoër- en laerskole insluitend Overkruin, Wonderboom, Alma, John Vorster en Curro Akademie is ook in die area geleë.
Die Groot 5 Dinokeng Wildreservaat is net 45 minute vanaf Berghaan.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Driekie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 66
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 15de Laan 862a, Wonderboom-Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
- Gaste dink Berghaan het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wonderboom Suid Mayville Pretoria Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15de Laan 862a, Wonderboom-Suid, Pretoria, 0084, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang