Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bietou

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Rubin R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Fantasies. Bietou was baie lekker. Veral die free WiFi en die DStv met al die sportkanale.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Rubin, Dankie, dit was 'n plesier om julle te ontvang en te huisves en ons hoop om julle weer in die toekoms te kan akkommodeer. Tom Prinsloo, namens Bietou in Kleinmond.

Louis M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

Gerieflik, netjies, goed toegerus, veilig. Mooi huis, goed geleë en met alles nodig vir ons verblyf. Tom het ons daar ontmoet en dadelik laat tuis voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Louis, Baie dankie vir jul verblyf en die positiewe terugvoering. Ons hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom. Tom Prinsloo van Holidayscape, namens Bietou in Kleinmond

Jacobus Leon M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Sep 2024

Mooi huis en lekker ligging. Gemaklike verblyf wat goed toegerus is en sentrale ligging het. Let net daarop dat die eiendom deur 'n verhuringsagent verhuur word wat addisionele fooie hef vir skoonmaak, linne (voorsiening, nie net vir ruil nie) en breekskadedeposito vereis. Van dit word in die huisreëls versteek en hoor mens eers van dit nadat bespreking betaal is en deposito nie terugbetaal word nie. Julle trek dan ook net skouers op.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Tom
Bietou
Beste Leon, Ons volg maar net 'n normale prosedure wat reeds vir meer as 23 jaar van toepassing is, maar is darem bly dat julle tevrede was met die huis en jul verblyf geniet het. Ons vertrou daarom dat ons julle weer in die toekoms kan verwelkom. Met dank en vriendelike groete Tom

Abri P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2022

Baie lekker. Die huis was gemaklik en ons het baie tuis gevoel. Goed toegerus met alles wat ons nodig gehad het vir ons verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons is bly julle het die verblyf geniet. Dankie dat julle ook die huis so netjies gelaat het. Julle is enige tyd welkom om weer te kom. Met vriendelike groete Tom by Holidayscape

Inneke J
Kort verblyf
5.0
Aug 2022

Bietou is perfek vir twee tot drie paartjies. Bietou sal vir twee tot drie paartjies, wat gemaklik wil kuier en slaap, die perfekte opsie wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Inneke, Ons is bly julle het die verblyf geniet. Dankie dat julle ook die huis so netjies gelaat het. Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Julle is enige tyd welkom om weer te kom. Met vriendelike groete Tom by Holidayscape

Lynne T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

The house had everything you would need, was lovely and clean, very well laid out and Tom was the best ever! Not even loadshedding or a bit of rain could spoil the weekend. Will definitely be back and have already recommended it widely! Heavenly, awesome stay, a true home away from home! Tom, jy is die beste, baie dankie!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Lynne, Ons is bly julle het die verblyf geniet. Dankie dat julle ook die huis so netjies gelaat het. Baie dankie vir die positiewe terugvoer ook en die kompliment. Ons waardeer dit. Julle is enige tyd welkom om weer te kom. Met vriendelike groete Tom by Holidayscape

Roxanne H
Kort verblyf
5.0
Apr 2022

Fantastiese verblyf. Ons het die tyd by Bietou baie geniet. Baie te doen en mooi omgewing. Ons sal beslis weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Roxanne, Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons is bly julle het dit geniet en julle is welkom om weer te kom kuier. Met dank en vriendelike groete Tom by Holidayscape, namens Bietou in Kleinmond

Ig V
Lang verblyf Saam met vriende
4.8
Apr 2022

Dit was nou lekker. Ons het saam met van ons kinders daar gekuier en kan met vrymoedigheid aanbeveel: "Maak hierdie jou huisie by die see. "

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Ig, Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons is bly julle het dit geniet en julle is welkom om weer te kom kuier Met dank en vriendelike groete Tom by Holidayscape, namens Bietou in Kleinmond

Kobus I
Kort verblyf Saam met vriende
3.0
Mrt 2022

Die huis is fine maar die bestuur is nie. Dit is die eerste keer wat ek teëkom dat die gaste vir beddegoed en die skoonmaak moet betaal. Bestuur laat jou voel of hulle jou 'n groot guns doen om daar te bly.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Tom
Bietou
Baie dankie vir die geleentheid om op hierdie persoon se kommentaar te kan reageer. Ons verwelkom terugvoer van ons gaste en sal altyd poog om iets reg te stel wat moontlik gehinder het. Eerstens, die feite wat betref bedlinne. Al die beddens is toegerus met onoorgetrekte duvets en kussings. Vir die afgelope 18 jaar bied ons dit as ‘n vrywillige opsie aan gaste of hulle eie duvetoortreksels, kussingslope, lakens en badkamerhanddoeke wil saambring of ons kan dit voorsien teen ‘n addisionele fooi. Dit word duidelik vooraf met gaste gedeel nog voordat hulle bespreek en weer voor hul aankoms. Ons statistiek toon dat 60% gaste verkies om hul eie bedlinne en handdoeke te bring en sodoende die voordeel te benut om te bespaar op hul akkommodasie. Sedert Covd-19 het gaste se keuse om self bedlinne te bring selfs tot 70 persent gestyg. Ons is ook nie die enigste instansie wat hierdie voordeel aan gaste bied nie. Tweedens, daar is wel ‘n minimale skoonmaakfooi omdat huise tog immers deur iemand skoongemaak en betaal moet word nadat die gaste vertrek het. Ons is bloot deursigtig daarmee sodat gaste presies weet waarvoor hulle betaal. Derdens, ons sou graag ‘n meer spesifieke verwysing na ‘n insident of voorbeeld verlang rakende hoe bestuur jou laat voel het, om dit reg te stel of om verskoning te vra indien nodig. Omdat daar egter geen substantiewe voorbeeld gegee word nie kan ons dus nie verder daarop reageer nie. Wat ons wel kan noem is dat enige een welkom is om al die ander positiewe resensies oor ons dienslewering te lees. Sien gerus dat ons met trots ‘n meerderheid van 5/5 vir dienslewering handhaaf soos deur alle ander gaste beoordeel en besluit dan self daaroor. Nogmaals dankie dat ons op hierdie resensie kon reageer en die feite in die regte perspektief kon stel.

Johannes M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2021

Baie netjies, rustige omgewing. Vir diegene wat lief is vir buite braai, is die draagbare braai dalk nie genoegsaam nie, maar daar is 'n lekker binnebraaiplek. Bietou was 'n heerlike kuierplekkie vir ouma, oupa en kleinkinders. Ons was aanvanklik skepties dat die kleinkinders dalk na 5 dae vervelig sou raak omdat ons onder die indruk was dat daar nie internetgeriewe was nie, maar slegs DStv. Aangenaam verras, daar was twee afsonderlike TV's en internet - nie dat dit baie gebruik was nie want die kinders het rots geklim by die see en in die rivier geswem.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Bietou
Beste Johannes, Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons sien uit daarna om julle weer in die toekoms terug te verwelkom! Met dank en vriendelike groete. Tom

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Tom Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 81

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R1 600
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3de Laan 135, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9adb8fd75bd4a6c4957a3070a283f7d456bb6936662ede38c817d8cbacb5f0c6df6e6bf9d1df2e5e951b4a1c389b440c1e66?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 5) 19 5 1 5 135 Third Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.342947214635 19.021321635582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang