Baie dankie vir die geleentheid om op hierdie persoon se kommentaar te kan reageer. Ons verwelkom terugvoer van ons gaste en sal altyd poog om iets reg te stel wat moontlik gehinder het.
Eerstens, die feite wat betref bedlinne. Al die beddens is toegerus met onoorgetrekte duvets en kussings. Vir die afgelope 18 jaar bied ons dit as ‘n vrywillige opsie aan gaste of hulle eie duvetoortreksels, kussingslope, lakens en badkamerhanddoeke wil saambring of ons kan dit voorsien teen ‘n addisionele fooi. Dit word duidelik vooraf met gaste gedeel nog voordat hulle bespreek en weer voor hul aankoms. Ons statistiek toon dat 60% gaste verkies om hul eie bedlinne en handdoeke te bring en sodoende die voordeel te benut om te bespaar op hul akkommodasie. Sedert Covd-19 het gaste se keuse om self bedlinne te bring selfs tot 70 persent gestyg. Ons is ook nie die enigste instansie wat hierdie voordeel aan gaste bied nie.
Tweedens, daar is wel ‘n minimale skoonmaakfooi omdat huise tog immers deur iemand skoongemaak en betaal moet word nadat die gaste vertrek het. Ons is bloot deursigtig daarmee sodat gaste presies weet waarvoor hulle betaal.
Derdens, ons sou graag ‘n meer spesifieke verwysing na ‘n insident of voorbeeld verlang rakende hoe bestuur jou laat voel het, om dit reg te stel of om verskoning te vra indien nodig. Omdat daar egter geen substantiewe voorbeeld gegee word nie kan ons dus nie verder daarop reageer nie. Wat ons wel kan noem is dat enige een welkom is om al die ander positiewe resensies oor ons dienslewering te lees. Sien gerus dat ons met trots ‘n meerderheid van 5/5 vir dienslewering handhaaf soos deur alle ander gaste beoordeel en besluit dan self daaroor.
Nogmaals dankie dat ons op hierdie resensie kon reageer en die feite in die regte perspektief kon stel.