Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Big Tree Garden Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Big Tree Garden Cottage is 'n lieflike tuinkothuis met 'n aparte ingang op die eienaar se perseel in 'n stil lowerryke area van Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth) en dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek.

Die kothuis bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, sowel as 'n ekstra matras. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke, sowel as seep word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Komplimentêre gebottelde water word ook voorsien. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die slaapkamer. Daar is ook WiFi en 'n lessenaar vir gaste wat wil werk.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad-area. Daar is braaigeriewe buite by die onderdakstoep. Die ligging van die eenheid is relatief sentraal en naby hoofskole, hospitale en die hartjie van Walmer wat bestaan uit verskeie winkels en restaurante.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoofweg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Big Tree Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hoofweg 40, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd622cc6dab94f6c42144c650d415131b24122b9a40fe227304892bb8a26ce1cc18b6d1eee79d9e75f1222ffd7081b4696eb4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 40 Main Road Walmer 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -33.975232543916 25.594462201258

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang