Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bikini House - With Pool

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3de Straat 293, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bikini House is 'n moderne, luukse en sonnige selfsorghuis wat gehalteverblyf in die gewilde Voëlklip-area in Hermanus bied. Die huis front noord, spog met 'n uitsig op die berge en stoepe op 2 verdiepings en dit is net 15 minute se stap vanaf die Grotto- en Voëlklipstrand.

Die pragtige huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en spog met 'n privaat balkon met 'n uitsig op die berg. Dit het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het dubbelbeddens en deure wat na die geplaveide buite-area lei. Daar is 2 aparte badkamers, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n eiland met stoele en 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Langs die kombuis is daar 'n eetarea en 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n slim-TV, klankbalk en 'n kaggel, asook 'n werkspasie. WiFi word voorsien.

Op die onderste verdieping is daar 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n lieflike ingeboude braai. Daar is ook 'n pragtige tuin en 'n plonspoel. Die huis het 'n omsetter vir kragonderbrekings, gasgeisers en veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis met 2 ekstra parkeerplekke op die perseel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Stuart Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 3de Straat 293, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 3de Straat 293, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1b53a58d5b4525ca4465ebfbcb5f20561c1857c823c31b424b25fc870d34cfe145ad5e2a7fce6dbefd109d85cb74bc710b0f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6) 293 3rd Street Voëlklip 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 11:00 -34.4098997 19.2980334

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang