Bird's View
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 28 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ghwarrie-singel 28, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 200R800 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Bird's View bied twee luukse selfsorgverblyf eenhede aan die voet van die Kleinrivierberge in Vermont. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende. Hierdie ruim perseel bied 'n hoofhuis en 'n aparte tuinwoonstel, wat apart of saam gehuur kan word. Die perseel word nooit gedeel met ander vreemde gaste nie. So dit is of die een of die ander of saam.
Die hoofhuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers waarvan die eerste 2 slaapkamers pragtige see & berg -uitsigte, 'n koninggrootte-bed, aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad (net die een slaapkamer) , stort, wasbak en toilet het. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders met 'n badkamer langsgaan met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhandoeke saambring.
Die woonstel is deel van 'n groter huis op die eiendom. Dit kan saam met die groot huis ook gehuur word om meer mense te kan huisves. Die woonstel word wel apart uitverhuur en wanneer die woonstel uitverhuur word, word die groot huis nie beskikbaar gemaak nie. Dus is die woonstel en die fasiliteite tot die privaat gebruik van die gaste. Die woonstel bestaan uit 'n aparte slaapkamer groot genoeg vir 2 mense, 'n oop plan area met 'n volledige kombuis, eetkamer en sitkamer. Die bank in die sitkamer kan ook uitvou in 'n slaap bed groot genoeg vir 2 kinders of 1 volwassene.
Daar is 'n swembad met sonstoele, 'n kol kol warmbad wat met hout verhit word en 'n groot onderdak lapa met 'n braai.
Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Ongelukkig word geen partytjies of jaar eind funksies toegelaat nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Annica Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Ghwarrie-singel 28, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ghwarrie-singel 28, Vermont, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang