Black Impala
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Droogekloof 91, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R1 950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Black Impala is 'n bekoorlike bos-toevlugsoord op 'n privaat wildplaas aan die voet van die Waterberge. Hier kan gaste in 'n pragtige, natuurlike en vreedsame omgewing ontspan. Dit is net 7 km vanaf Mabalingwe Natuurreservaat en naby die Mabula-, Zebula- en Elements-gholfbane.
Dié tweeslaapkamerhuis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer word gedeel en het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, basiese eetgerei, breekware, 'n ingeboude braai en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n lieflike eetarea. Die sitarea het gemaklike rusbanke.
Die leefarea lei na die boma en die plonspoel buite, asook 'n buitestort met 'n uitsig op die Waterberge. Die boma-area is perfek vir sterrekyk en kuier langs die vuur.
Gaste kan op die privaat wildplaas gaan stap en hulle oë oophou vir al die diere wat op die plaas voorkom, soos swartrooibokke, skugter njalas, die diverse en volop voëllewe en tierboskatte.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Lea Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 98
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- R516, Droogekloof 91, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Black Impala het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R516, Droogekloof 91, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang