Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Black Oystercatcher Cottages

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
3.9
Johannes V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Aug 2022

Rustige plaas atmosfeer met lekker kaggel vir die koue aande maak dit 'n lekker wegbreek bestemming. By die aankoms was die personeel baie vriendelik en hulpvaardig. 'n Mens voel dadelik tuis en veilig met die oopruimtes en plaas atmosfeer. Die oorgenoeg hout vir die braai en kaggel was baie welkom, en selfs vuuraanstekers is verskaf. 'n Bottel van die plaas se wyn was komplimentêr en in die yskas. Ons kan Black Oystercatcher Cottages sterk aanbeveel.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Lorine R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Des 2022

Rustig en in natuur, maar kort herstelwerk. Die uitsig is mooi vanaf die balkon. Daar is braai geriewe en 'n toegeruste kombuis. Ons het 4 dae gebly ek kon fietsry en stap in die natuur. Ons was net nie teverede met die spinnerakke in die hoeke van die vensters en onder al die meubels nie en het self bietjie skoongemaak die eerste dag. Die elektriese braaipan het muf op gehad (van die gemufde kombuiskas onder sink) so het dit nie gebruik nie en het verkies om kos te maak op die vuur. Oor die algemeen was dit lekker, maar raai aan dat hul beter omsien na herstel werk en skoonmaak.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Attie L
1 nag Saam met lewensmaat
2.2
Okt 2022

Ontvangs was baie swak. Baie swak ontvangs! Ontvangs was baie swak. Jong man wat ons gehelp het baie ongeskik en geen respek betoon teenoor ons as kliënt. Hy het Engels gepraat en uit respek het ek hom in Engels geantwoord alhoewel my eerste taal Afrikaans is. Hy antwoord toe, praat maar Afrikaans want ek sien jy kannie Engels praat nie. Ek werk elke dag met kliënte waarvan baie Engels is en alhoewel ek Afrikaans is, is my Engels baie goed. Hy het nie eers die moeite gedoen om homself voor te stel nie.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
3.0
Nikki
Black Oystercatcher Cottages
Goeiemiddag Attie Ek vra nederig onverskoning vir u slegte ervaring. Dis eintlik vir my n skok om dit te hoor, want my personeel is altyd oorvriendelik. Ek sal intussen ondersoek instel wie u gehelp het en seker maak daar is nie weer so 'n geval nie. Ons wil graag hê dat ons gaste oor en oor moet terugkom en ek voel ook so 'n verwelkoming is onaanvaarbaar. Veral as jy so 'n mooi plek soos Black Oystercatcher besoek. Baie dankie dat u dit onder my aandag gebring het. Ek hoop dat ons u in die toekoms weer kan verwag om op te maak vir u slegte ervaring. Vriendelike Groete Nikki

Crystal A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2021

Lovely mini getaway. Lovely and cosy for 2 people.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andrew B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Sep 2021

Comfortable, clean, like a home away from home. We really enjoyed ourselves, really relaxed. Very comfortable cottage, bed and all. Spotlessly clean, little extras like firelighters was nice to find. Great central place to adventure out and see the country and coastal small towns. If I can just say something about the locks on the front door, the door only has barrel bolt locks on one of doors. I would certainly feel better if both doors had these.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Andre D
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Okt 2021

Lekker gemaklike oornagplek. Goed toegerus vir selfsorg. Baie mooi netjies binne, kort bietjie aandag buite.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Annelize K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2020

Lekker naweekwegbreek. Heerlike verblyf in die Overberg. Baie gerieflik ingerig met pragtige uitsig oor die omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Donovan C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2020

Pleasant. Tranquil, beautiful surroundings, just what the add said. Friendly staff, best continental breakfast we ever had.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2019

Salig. Heerlike wyn. Fantastiese kos. Puik diens. Ons kom weer. Dis ‘n salige bestemming waar vrede heers. Ons kon rus en die Elim-wynlande geniet. Ons kom weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Hier kan jy met gemak ontspan. Ek en my vrou het die Pelgrimstog van Hoop gestap en op die 11de aand van die stap by Black Oystercatcher Cottages geslaap. Ons was bietjie voor inkloktyd daar en die personeel was verwelkomend deur ons dadelik iets yskoud aan te bied aangesien ons pas vanaf Elim gestap het. Ons kon daarna vroeër inklok en die rustige en koel huisie geniet met al die luukshede en nog meer. Baie dankie vir 'n puik tyd by julle!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Nikki Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 10 jaar

Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 0 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R317, Plaas Moddervlei, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUzNDI5MzhmLWUxYzktNDQyNy05ODUzLTY5MDhmYjQ4MDBmNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
17 5 1 5 R317 Moddervlei Farm 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.632127726626 19.826258708275

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang