Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bloubrak Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Delverstraat 5, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bloubrak Gastehuis bied 2 lieflike selfsorgeenhede, elk met 'n privaat ingang, asook 'n gastekamer, op die eienaar se perseel in die hartjie van Parys. Dit is ideaal vir 'n gesin óf 'n klein groepie vriende, aangesien dit 'n swembad het.

Die buite-eenheid is ideaal vir 'n gesin en beskik oor 2 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die hoofeenheid bied slaappelk aan 4 volwassenes en 3 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Die derde slaapkamer het 'n kinderbed vir 1 en 'n stapelbed vir kinders.

Enkelkamer 1 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eenheid het ook 'n TV.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Die verblyf het 'n gedeelde braai-area waarvan alle gaste gebruik kan maak, asook 'n gemeenskaplike swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar, asook komplimentêre WiFi.

Dié gastehuis is 200 m vanaf die Vaalrivier en is naby restaurante en winkelsentrums.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Delverstraat 5, Parys, 9585, Vrystaat
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Delverstraat 5, Parys, 9585, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf5775733dbcff1300ec4e7b5a20f97cdd275005300a6438e399a6b2c1bc8947f85baa1b2b70b1f18dcdeffaff55ed9509831?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 5 Delver Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.90348895324 27.442710601189

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang