Blue Lagoon The Whale
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Araucariaweg 32, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Blue Lagoon The Whale is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Winklespruit, Amanzimtoti. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat die pragtige Dolfynkus wil verken.
Dié eiendom het slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 'n stapelbed het. 'n Bad is beskikbaar in die tweede badkamer, terwyl die derde badkamer 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n ruim sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix en Youtube. Langs die sitkamer is daar 'n eetarea met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Vir diegene wat werk wil doen, is gratis WiFi en 'n lessenaar beskikbaar.
Buite is daar 'n ruim tuinruimte met 'n onderdakstoep wat 'n buite-etenstafel en braaigeriewe het. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 250 m vanaf die strand, 500 m vanaf Galleria Mall en die hoofstrand is 5 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Araucariaweg 32, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Blue Lagoon The Whale het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Araucariaweg 32, Winklespruit, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang