Beste Dawid,
Dankie weereens vir jul ondersteuning en jammer vir enige ongerief wat julle hier ervaar het.
Jul het ongelukkig in die reen hier aangekom en voor jul aankoms het dit ook heel week gereen, wat vir Zastron ongewoon is. Jammer.
Gebou is oud met heelwat geskiedenis en is daar sekere vertrekke wat nog plankvloere het.
Jul eenheid het geen plankvloere nie.
Die oorspronklike kombuis het ek in n groot badkamer omskep. Met die indeel van wooneenhede was die brandkluis die enigste geskikte plek vir die eenheid om as spens/kombuis te gebruik. Aangesien n brandkluis se mure versterk word, en omdat Min tyd daar spandeer word het ek nie die regte nut gesien van n venster nie.
Die wasbak is nie in die deurloop gang nie maar op die punt waar die kombuis is, juis ook agv die versterkte brandkluis mure.
Die wasbak is slegs vir ketelwater en skoonmaak vir bediende. Jammer, ek het intussen die siffie skoongemaak en werk hy nou normaal. Dankie.
Die stort het ek getoets en volgens my opinie werk hy reg en normaal. Wat dalk kon gebeur het is dat daar 4 krane daar gekoppel is : warm/koud en dan aparte 1 vir die stort en aparte 1 vir die bad. Miskien was van die krane nie ordentlik oop nie. Die ander alternatief is dat die munisipale water dalk af was, soos 90% van die tyd. Ek het wel n generator wat die hele gebou met ligte en water en TVs voorsien, sowel as n eie water reservoir met eie pomp, wat outomaties aanskakel volgens die drukking. Kan wees dat daar ander mense ook water op dieselfde tyd dalk gebruik het, wat die drukking kon verlaag. Jammer, as ek bewus gemaak was daarvan sou ek n plan kon maak.
Wat ons tariewe aanbetref, is ons heelwat laer as enige ander gastehuis in Zastron, maar dit is julle opinie wat ek respekteer.
Wens jul 'n Geseende 2022 toe.
Vriendelike groete
Sakkie