Blyde River Cabin
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erfdeel 19, Middlesex 205KT Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 190 per nag, vir 6 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Blyde River Cabin is 'n privaat houthuisie in 'n wildreservaat op die rand van 'n bedreigde rivierwoud. Hier sal die gekabbel van die Blyderivier jou van al jou sorge laat vergeet. Die opset is ideaal vir 'n gesinswegbreek, romantiese naweek of as basis om die Blyderivier Canyon, Krugerwildtuin en ander besienswaardighede in die omgewing te verken.
Die houthuisie is volledig toegerus en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Daar is 2 en suite-badkamers, een met bad en die ander een met 'n stort. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis en 'n sitarea met 'n TV met DStv.
Ander geriewe sluit lugversorging, veilige onderdakparkeerplek, 'n braai-area, 'n klimraam en sandput in. Kinders van alle ouderdomme is welkom, maar onthou asb. dat die gastehuis nie omhein is nie en dat wilde diere in die omliggende area wei. Aktiwiteite op die perseel sluit begeleide woud- of boswandelings en wild- of nagritte in.
Sit op die dek met sy pragtige uitsig oor die rivier. Ontspan en bewonder die omgewing, kyk of jy die skugter Visuil of die ander wild wat in die bosse skuil kan gewaar. Seekoeie, krokodille, nagapies, Kaapse bobbejane, waterbokke, kameelperde, koedoes, rooibokke, vlakvarke en hiënas is al van die dek af gewaar. Daar is ook tekens (klanke en spore) van meer skugter diere soos bosuile en luiperds.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Gay Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 35
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Erfdeel 19, Middlesex 205KT Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Blyde River Cabin het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Erfdeel 19, Middlesex 205KT Plaas, Hoedspruit, 1380, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang