Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bondi Beach Unit F

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 555 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bondi Beach Unit F is 'n bekoorlike selfsorgvakansiewoonstel in 'n gesinsvriendelike veilige kompleks in Shelly Beach aan KZN Suidkus. Hierdie eiendom bied direkte toegang tot die strand met pragtige see-uitsigte en is ideaal vir paartjies, solo-avonturiers, sakereisigers en gesinne.

Dié woonstel op die eerste verdieping het slaapplek vir altesaam 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n ontbyt-eiland met stoele. Daarbenewens is daar ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien vir gaste se gerief. Die kombuis lei na die sitarea wat met gemaklike rusbanke gemeubileer is, en 'n slim-TV met toegang tot stroomplatforms wat gaste op hul eie persoonlike stroomrekeninge moet gebruik. Toegang tot gratis Wi-Fi word verskaf.

Die sitkamer loop uit na die balkon wat sitplek bied met 'n Weber-braai en spog met pragtige uitsigte oor die blou see. Gaste kry veilige parkeerplek met 24 uur-sekuriteit op die perseel.

Hierdie eiendom het verskeie gemeenskaplike geriewe, wat 'n kinderspeelgrond, tennisbane, 'n klubhuis met 'n pooltafel en tafeltennis, 'n sprankelende swembad en braai-areas insluit.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gina Geverifieer

Eiendomme 44

Resensies 236

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 555
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 555
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9faba3ecfbcff9b1c33018e0e6e1249c453a2354aed05a1020784bc185caad9d7ad0ae1754b76278f87d240c32105df535d2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 555 per nag (plek vir 6) Bondi Beach Warriors Lane 4265 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-00:00 09:00 -30.793768081723 30.420063516008

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang