Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boshuisies @ De Hoop Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laaiplaas, De Hoop Cottages, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Boshuisies @ De Hoop Cottages bied verblyf in 2 selfsorg-houthuisies by De Hoop Cottages naby Robertson en skuil op Laaiplaas, waar beperkte selfoonontvangs rustige verblyf verseker. Die plaas is aan die einde van die De Hoop-kloof aan die voet van die Langeberge geleë en bied asemrowende uitsigte oor die natuur en op die majestueuse berg.

Die houthuisies bied elk slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n oopplan-sitarea met 'n stapelbed en 'n kaggel. Die kombuisie is met 'n gasyskas, 'n gaskookplaat, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Elke houthuisie het 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet in die aparte ablusieblok. Daar is ook 'n gemeenskaplike opwasarea vir skottelgoed. Gasgeisers voorsien warm water. Gaste moet hul eie linne en handdoeke saambring.

Elke houthuisie lei na 'n stoep met sitplek en 'n braai-area. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Buiten die asemrowende uitsigte op die berg, kan gaste ook voëlkyk, 'n staptog op die plaas of in die kloof aanpak om die helder bergpoele te bereik, in die damme te gaan swem of op die dek ontspan en die omgewing geniet.

Die plaas is net 10 km vanaf die dorp en 15 minute se ry vanaf alle nodige winkels, asook al die wynkelders waarvoor die vallei bekend is.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Suritha W
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend, magical, rustig. Ons het verskriklik lekker gebly. Die stilte was absolute kos vir die siel. Dis wel afgesonder, maar dit maak die huisie ...
Sien meer
Feb 2025
Jacobus M
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende waarde vir geld! Uitstekend, presies soos geadverteer. Die geen selfoonsein en geen elektrisiteit het bygedra tot 'n baie rustige wegbreek...
Sien meer
Des 2024
Edwin S
Saam met vriende
5.0
Food for the soul. Nothing else describes it better. Please remember, there isn't electricity, so if this doesn't bother you and you're...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Ntombizanele K
Gesin met tieners
4.6
Peaceful. It was a nice and quiet getaway from the noise. No load shedding, no electricity. Driving to the chalets is a challenge but a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Kobus W
Saam met lewensmaat
4.2
Sal beslis vroeër volgende keer bespreek om langer te kan bly. Rustig in die bos, daar kan mens die stilte en rustigheid ervaar, mooi natuur, lekker s...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 299

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Laaiplaas, De Hoop Cottages, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boshuisies @ De Hoop Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 580
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 580
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laaiplaas, De Hoop Cottages, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA090ba847e9ad1d5f06341d18610dd0c2b391f1666f2dc22e694e752404fbf300d0d1e7082d1a44114b7e1c8422339c21be5b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R580 per nag (plek vir 4) 5 5 1 5 Laaiplaas De Hoop Cottages 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.7521856 19.9528106

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang