Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Braeview Guesthouse

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.2
Morne L
Kort verblyf
5.0
Jun 2024

Heerlik gerieflik en snoesig. Vreeslik lekker gebly! Ons was drie paartjies wat die hoof huis gedeel het (elke paartjie in hul eie kamer) en drie tiener seuns wat die kothuis gedeel het. Daar was genoeg spasie vir almal om gerieflik te bly, 'n goed toegeruste kombuis met al die benodigdhede en alles was lekker skoon. Die enigste moeilikheid wat ons gehad het was buite enigiemand se beheer, en dit was die gure weer! Die huis het genoeg verhitting, so ons was lekker warm. Ons kon net nie die braai gebruik gedurende die reën nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Hallo Morné, baie dankie dat julle Braeview gekies het vir verblyf in Hermanus en die baie mooi en opbouende oorsig is vir ons 'n riem onder die hart. Baie dankie daarvoor, julle was uitstekende gaste en is altyd welkom vir 'n herbesoek. Groete!

Corlette N
1 nag Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Buitengewoon, fantasties. Dit was buitengewoon netjies en gerieflik. Die tuin is pragtig en so mooi versorg. Vriendelike, gasvrye ontvang. Dit is sowaar 'n plek om aan te beveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Corlette, baie dankie vir jou vriendelike en positiewe oorsig, ons waardeer dit opreg. Groete, Fanie

Pieter K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Perfekte ligging en rustige atmosfeer. Uitmuntende verblyf, 'n absolute juweel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Beste Pieter, baie dankie vir jou mooi woorde en baie positiewe oorsig van Braeview, wees verseker dit word opreg waardeer. Julle was model gaste en is altyd welkom om weer te kom kuier. Groete, Fanie

Celeste V
1 nag
4.6
Feb 2024

Quaint cottage that is comfortable. The stay was very nice. It is a nice cottage to live in and very comfortable. The only downside was the travel through the township right next to it when you come in from the Cape Town side. But when you travel from the east, then it's okay. I would suggest a better route to get to the house. Otherwise, it is a beautiful property and easy to live in.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Heinrich B
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2024

Verblyf was skoon, netjies en gerieflik. Goeie ligging. Verblyf was skoon, netjies en gerieflik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Leoni M
1 nag Gesin met tieners
4.4
Jun 2024

Heerlike gekuier. Lekker privaat, baie mooi plekkie. Die bedmatrasse is werklik op. Hulle kan daaraan dink om dit te vervang. Behalwe dit was die heerlik. Baie gawe mense en die ligging is baie gerieflik. Die tuin is pragtig. Heerlike skoon wit katoenlinne, wat altyd vir my belangrik is. Daar kort wel vadoeke, en 'n skêr in die kombuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Dankie Leonie, ons hou jou siening in gedagte. Groete!

Annelies N
Kort verblyf
3.4
Mrt 2024

Mooi stone cottage, geen sekuriteit, musiek op volume van eienaars. Die sekuriteit is n probleem — daar is geen gedurende die dag nie. In die aand word 'n "beam" aangesit, nie seker watter tyd en of dit effektief is nie. Basies kan enige iemand inloop in die erf in — geen heining. Die diefwering is baie swak. Dit beteken jy kan nie gedurende die dag gemaklik buite sit of die deur oophou nie. Vir 'n enkelreisiger is dit 'n probleem. Die 4/5 gradering op webwerf is misleidend. Ek sal tweemaal dink om hulle weer te glo, dit veroorsaak 'n swak indruk van die webtuiste se vermoë om sekuriteit te evalueer. Die eienaars speel hulle musiek op vol volume wat nie werk nie. Ek is seker as ek dit doen sal daar probleme wees. Opera 8 uur die oggend werk nie vir my nie (al hou ek van opera). Die parkering is moeilik om by in of uit te gaan. Hulle moet die ander mense beter beheer wat sleg parkeer en dit moeilker maak om uit te kom. Dan parkeer hulle die Fortruner reg voor die garage wat jy eers sien as jy om die draai kom, en dan moet jy nog beter bestuur. Nie 'n vakansiegevoel nie.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
4.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Alle potensiële gaste sal dadelik sien Annelies se klaerige negatiewe oorsig steek soos 'n seer duim uit en verskil hemelsbreed van al die ander. Sy sien dit seker self ook. Ek waardeer en aanvaar wanneer gaste opbouende en regverdige kritiek lewer, maar in hierdie geval moet ek egter verdedigend reageer. 1. Met haar aankoms wou ons haar inlig aangaande die 'beams' maar sy het dit van die hand gewys en genoem dat sy weet hoe dit werk. Die 'beam' sisteem werk uitstekend en is baie veilig. Meeste gaste, selfs alleenreisigers, sit saans buite en geniet die sonsondergang. Die diefwering is ook splinternuut en baie stewig. 2. Ook met haar aankoms het ons haar 'n maklike parkering aangebied maar sy het dit ook van die hand gewys en gesê sy sal maklik kan parkeer. Die Fortuner is 'n groot wit voertuig, hoe kan sy dit nie raaksien nie? En daar was oorgenoeg spasie om gemaklik verby dit te ry. Ek vermoed sy het haar vererg aangaande die parkering situasie toe sy erg verward geraak het en agteruit in die blombedding bo-op die rotse beland het. 3. Ons kry dikwels groot groepe Italianers wat op die akkommodasie platform wat hulle gebruik merk dat my man 'n operasanger was en hulle wil dan tydens ontbyt na sy opnames luister, wat hulle geweldig geniet. Verskoon asb. maar dis hoekom hulle hier by Braeview bespreek en ons kannie die tradisie breek vir een klagte nie. Groete, Erina de Jager

Anna B
1 nag Saam met vriende
4.8
Okt 2023

Cute accommodation close to town! Friendly host. The cottage house was cosy and clean, and the host was super communicative. They provided local recommendations and were available to answer any questions. The property is really nice, and I would stay again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anthony J
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Baie gerieflike en gesellige plek. Braeview Guesthouse sal ek aanbeveel vir enige een, perfekte stil area en naby als,.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Hi Anthony, baie dankie vir jou positiewe woorde oor Braeview, dit word opreg waardeer. Hoop om julle weer hier te verwelkom. Groete, Fanie

Willem D
1 nag Saam met vriende
5.0
Nov 2021

Baie lekker gebly. Eienaar was baie vriendelik en behulpsaam. Perfek vir ons doel gewees. Baie lekker gebly. Pragtige kamer uit klip gebou. Eienaar was baie vriendelik en behulpsaam. Perfek vir ons doel gewees. Sal beslis weer hier bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Catherina
Braeview Guesthouse
Baie dankie vir die positiewe kommentaar in jou beskrywing van Braeview, ons waardeer opreg en julle is altyd welkom vir 'n herbesoek.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Catherina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 84

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R1 450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 450
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMyMzkwYTgzLWYxYmEtNGQxNC05YzY4LTA3NTFlN2U2YzJkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 2 Sunnybrae Crescent Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.429220173484 19.225026987375

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang