Braeview Guesthouse
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Braeview Guesthouse verwelkom jou by die Walvishoofstad van die Wêreld. Ons is 10 minute se stap vanaf die New Harbour van waar die walvisbote op walviskyk-uitstappies vertrek. Hierdie elegante gastehuis is goed geleë naby die hawe in die stil, ou woonbuurt van Hermanus genaamd Westcliff, met wye oop ruimtes en parke. Braeview is net 150 meter vanaf die bekende kranspaadjie vanwaar die walvisse op kort afstand gesien kan word.
Braeview bied 2 luukse selfsorg-eenhede wat 'n gemaklike en ontspanne atmosfeer verseker.
Die Sunbird Suite is elegant gemeubileer en versier. Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers met 'n stort en bad. Gaste het toegang tot 'n sitkamer, volledig toegeruste kombuis, pragtige tuin en 'n patio met braaigeriewe.
Die Stone Cottage is ruim, sonnig en smaakvol. Die kothuis is geskei van die Sunbird Suite en beskik oor 1 groot kamer met en suite-badkamer en kombuisie en is volledig toegerus om 4 mense te akkommodeer. Dit het sy eie privaat patio met braaigeriewe wat na die tuin lei.
Braeview Guesthouse is kindervriendelik. Gaste het toegang tot sekere DStv-kanale en WiFi. Veilige parkeerplek word voorsien.
Braeview is stapafstand vanaf restaurante en gerieflik naby alle winkels. 'n Kort wandeling af na die kranse kan gaste verras met die fassinerende gesig van walvisse wat net meters verder met hul nageslag speel. Blouvlagstrande, getypoele en ons pragtige gholfbaan is alles net 'n paar minute se ry weg.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Catherina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 85
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Braeview Guesthouse het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunnybraesingel 2, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang