Brookes Hill Suites Luxury Apartment 124
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites 124, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Brookes Hill Suites Luxury Apartment 124 is 'n moderne selfsorgwoonstel vir 4 gaste in Somerstrand, Gqeberha (Port Elizabeth), met 'n pragtige uitsig oor die see.
Dié woonstel beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 'n sitarea wat na 'n balkon lei. Die hoofslaapkamer lei ook na die balkon en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplankombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas, tee-en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n toonbank en etenstafel.
Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is ook beskikbaar. Dié area lei na 'n balkon wat met 'n uitsig oor die swembad en see spog.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad afkoel, die gemeenskaplike braai-area gebruik of op die strand gaan stap wat net 400 m van die woonstel af is. Brookes Hill Suites 124 is net 50 m van winkels en restaurante af en 130 m vanaf die Bayworld Maritime and History Museum af. Die Boardwalk is 2 km van die woonstel af en bied 'n rits winkels, restaurante en 'n casino.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Mariliesh Geverifieer
Eiendomme 33
Resensies 195
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites 124, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap
- Gaste dink Brookes Hill Suites Luxury Apartment 124 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lady Bea-singel, Brookes Hill Suites 124, Somerstrand, 6001, Oos-Kaap