Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffelsbaai Woonstel 1

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Hannetjie L
Kort verblyf
5.0
Sep 2024

Dit was aangenaam, met twee eetplekke (een op die strand in 'n houer!). Ruim, met die gerief van 'n gasstoof ekstra, saam met die elektriese toebehore. 'n Vol DSTV-pakket, wat onmiddellik vir ons opgevolg is toe die opvangs 'n probleem was. Die uitsig op die strand was lekker, en die parkeerterrein onder ons woonstel het nie gepla nie - dit was weliswaar nie hoogseisoen nie. 'n Baie veilige strand, waarskynlik ideaal vir gesinne met kleiner kinders.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Laetitia W
Lang verblyf
5.0
Apr 2024

Gerieflike, ruim en netjiese verblyf, reg op die strand en by die restaurant. Ons (ek, my dogter en skoonseun) het heerlik gekuier! Die stoep het 'n mooi uitsig op die baai en dit is baie beskermd teen wind en weer. Lekker ruim woonstel en so gerieflik naby die restaurant. Parkering onder skadunet en baie veilig al is dit langs die straat. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Deborah P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Son, see en safier! Heerlik! Die ligging van die woonstel (op die seefront) is werklik fantasties! Verder is die woonstel baie gerieflik en toegerus met alles wat mens nodig mag hê.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Neels R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2024

Geen negatiewe kommentaar. Alles is net reg vir 'n heerlike "relaxing" vakansie. Fantasties! Toe ek vir Elma Wiley vertel dat my vrou binnenshuis met 'n "chariot" loop, het sy uit haar pad gegaan om ons vakansie so gerieflik te maak. Beste vakansie ooit op die Tuinroete. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobie T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Wonderlik gewees. Ons het baie lekker gebly. Vir ons was die uitsig 100% voldoende. Ons het werklikwaar die tyd geniet. Ons was deel van alles maar steeds uiters privaat. Dit is waarna ons in 'n wegbreekplek soek. Ons sal sonder twyfel weer daarvan gebruik maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tina K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Gerieflike verblyf met netjiese kombuisgereedskap en toebehore. Dit was 'n heerlike ontspanningsverblyf met die geluid van die branders in ons ore.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thea K
Lang verblyf
5.0
Mrt 2023

Wonderful beach stay. The apartment is neat, clean, well-equipped and has wonderful views from the balcony. Elna was very welcoming and communicated all the necessary details for check-in well. We were 4 adults and were very comfortable during our stay. The only minor issues that we experienced were that the store owners parked in our bay and they left the store fan on overnight (right under room 2) which was quite noisey. Both issues were however easily resolved after chatting with them about it. We definitely hope to spend another holiday there.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elma
Buffelsbaai Woonstel 1
Goeie dag Thea Ek waardeer die terugvoering opreg. Ek het die saak uitgeklaar met die kafee se bestuurder. Die parkeerarea is uitsluitlik vir woonstel 1 se gebruik. Groete, Elma Whiley

Dewaldt V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Okt 2023

Rustig en lekker. Nie 'n man van baie woorde nie, jammer genoeg. Alles was lekker, goed gereël en gepas vir 'n fantastiese familie vakansie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sanet B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2023

Dit was baie lekker. En kan dit aanbeveel. Skoon, hier kan jy lekker rus. Diens was uitstekend. Baie dankie. Dit is lekker om hier te kom asemskep. Alles is net die beste. Lekker see vakansie, stap, braaiveis en elke oomblik geniet.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elma
Buffelsbaai Woonstel 1
Dankie vir jou terugvoer Sanet. Ons ontvang julle graag weer as ons gaste in Buffelsbaai. Groete, Elma

Stadler K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2023

Fantastiese kus vakansieplek; gerieflike woonstel wat baie goed geleë is. Buffelsbaai is ons gunsteling wegbreekplek. Die woonstelle is 'n sinvolle opsie vir 2 tot 4 persone om daar te gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 22

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walker-rylaan 188, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ac43e1a39b2b4781be4e2396d251837c45566bd24a1895d29f1d8da248e6cda19d82e057ab0ce08a093a929838581d6427a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 188 Walker Drive Buffels Bay 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.086578162706 22.973856003284

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang