Bushbliss Lodge
Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeukloofplaas 46, Cullinan Distrik, Tswane, 1000, Gauteng
-
Vanaf
R1 000R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bushbliss Lodge is op 'n privaat wildplaas in die Leeukloofvallei-bosveld geleë, sowat 52 km vanaf Pretoria. Die plaas is ook om die draai vanaf die Dinokeng Wildreservaat en die historiese dorp Cullinan. Elke kothuis het 'n kaggel binne en 'n privaat gas-Jacuzzi buite. Hierdie bosveld-toevlugsoord is stil en onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk.
Verblyf word in 2 aparte kothuise met slaapplek vir 2 tot 8 gaste gebied en kan as geheel of apart bespreek word. Elke kothuis het 'n badkamer, kombuis, buite-kuierarea en braaigeriewe. Daar is staproetes in die koppie agter die lodge en maklikie stap- en fietsryroetes in die bewarea tussen vrylopende wild wat soms tot by die vensters kom. Daar is ook 'n gemeenskaplike speletjieskamer met 'n tafeltennisblad, veerpyltjiebord, pooltafel en rolbal.
Die hoofkothuis Bushbliss beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 2 volwassenes op 'n koningingrootte-bed en 2 kinders op 'n stapelbed. Twee ekstra beddens kan op versoek in die ruim leefarea voorsien word. Ander geriewe sluit 'n badkamer met 'n dubbelstort en 'n groot bad in. In die sitarea is daar 'n smeulstofie om die huis te verhit, maar dit kan ook brood of pizza bak, en 'n TV in die hoek. Die oopplankombuis en ontbythoekie is met 'n yskas/vrieskas en gasstoof toegerus. Buite op die privaat stoep is daar 'n gasaangedrewe Jacuzzi, braai, rooktoestel, tafel en 'n kaggel in die middel.
Sun & Moon bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed. Die slaapkamer het 'n kaggel, 'n klein rusbank en 'n plafonwaaier. Die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas en gasstoof toegerus. Buite op die privaat onderdakstoep is daar 'n gasaangedrewe Jacuzzi en braaigeriewe. Langs hierdie eenheid is daar 'n onderdakparkeerarea en 'n privaat lapa.
Gaste kan speletjies in die speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennistafel en veerpyltjiebord speel, staproetes aandurf, net ontspan en die wild wat naby wei bewonder, aan skemerkelkies teug, die lieflike sonsondergange geniet, voëlkyk, en die kinders kan die bokke en eende voer.
Hierdie verblyf is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnerwerk en word nie deur beurtkrag geraak nie. Die plaas bied 'n baie rustige wegbreek nie ver van die stad af nie, 'n perfekte wegbreek van die stadslewe.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Iain Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Leeukloofplaas 46, Cullinan Distrik, Tswane, 1000, Gauteng
- Gaste dink Bushbliss Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeuwkloof Valley Bobbejaansberg Private Nature Reserve Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Leeukloofplaas 46, Cullinan Distrik, Tswane, 1000, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang